Namibiu00eb hou Zimbabwe dop
Namibiu00eb hou Zimbabwe dop

Namibië hou Zimbabwe dop

Alle lewens maak saak, insluitend dié van Zimbabwiërs, meen drukgroepe.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Namibiese presidensie het gister by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, bevestig die ontvouende gebeure van onluste in Zimbabwe is in hul visier.

Hengari het in ’n bondige antwoord op die vraag of hulle die situasie in die buurland monitor, gesê: “Ja, dit is korrek.”

Dít kom te midde van verskeie beroepe op die leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en die Afrika-unie (AU) om in Zimbabwe in te gryp.

Verskeie Zimbabwiërs is die laaste ruk dood – glo aan die hand van die land se polisielede toe burgerlikes wat teen korrupsie betoog slaags met die owerhede geraak het.

Mnr. Tirie Masawi, ’n Zimbabwiese joernalis wat in Namibië gestasioneer is, het gistermiddag by navraag gesê: “Die onderdrukkende Zimbabwiese stelsel, veral teen joernaliste, is al vir jare aan die orde van die dag en het nooit aandag geniet nie. Daardie land se menseregterekord is nooit hanteer nie. Dit is veral nou ’n uitdaging sedert pres. Emmerson Mnangagwa ’n verklaring uitgereik het waarin hy dreig om stemme van teenkanting uit te doof.”

Hy meen dit is ’n gevaarlike presedent wat dié land se staatshoof skep, omdat dit aanleiding gee tot haatspraak en diegene wat met Mnangagwa verskil, kwesbaar laat. “Afrikaleiers moet opstaan en hul kollega in die oë kyk en aandring dat hy menseregte respekteer.”

Aksie benodig

Die plaaslike burgerregteorganisasie ACTION Coalition se voorsitter, mnr. Frederico Links, het ’n beroep op pres. Hage Geingob en ander SADC-leiers gedoen “om op te tree in belang van menseregte in Zimbabwe. As ’n koalisie van Namibiese menseregte en mediaorganisasies keur ons die onlangse inhegtenisnemings, ontvoerings, aanrandings en teistering van Zimbabwiese burgeraktiviste wat teen korrupsie betoog ten sterkste af.”

Volgens Links is dit onaanvaarbaar dat Afrika-regerings die moord op die Amerikaner mnr. George Floyd vroeër vanjaar veroordeel het, maar tjoepstil is oor “soortgelyke handelinge op ons vasteland”.

Floyd is deur polisielede in Amerika om die lewe gebring. Sy grumoord het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, Namibië se adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het daardie voorval sterk veroordeel.

Die woordvoerder van die Landless People’s Movement (LPM), me. Sade Gawanas, het ook gister die situasie in Zimbabwe skerp veroordeel.

Sy vra ook vir onmiddellike ingryping in dié buurland.

Dr. Panduleni Itula, die leier van die nuwe politieke party Independent Patriots for Change (IPC), sê hul uitvoerende komitee sou ook gister ’n vergadering belê om die situasie in oënskou te neem en met aanbevelings vorendag kom.

’n Zimbabwiese joernalis verbonde aan die staatsmedia het gister op voorwaarde van anonimiteit gesê die situasie in haar land is op ’n mespunt. “Die situasie is nie goed nie. Die temperature is hoog, emosies is hoog. Die verslegtende ekonomiese situasie plus korrupsie met geen oënskynlike oplossing in sig maak die arm inwoners kwaad.”

Die politieke ontleder en oudregsdosent, prof. Nico Horn, sê: “Die ou gesegde is waar: ‘Beter die duiwel wat jy ken.’ Pres. Mnangagwa het ’n moeilike taak vorentoe. Selfs indien die Europese Unie (EU) vir Zimbabwe borg om vergoeding aan wit boere te betaal om die ekonomie aan die gang te kry, sal dit tyd neem. En om uit die skuld te kom, sal vertroue van die internasionale gemeenskap verg.

“Nie dat dit onmoontlik is nie. Rwanda het uit ’n ewe slegte situasie gekom en met die hulp van die internasionale gemeenskap is dit vandag Afrika se suksesverhaal. Ek is nie seker dat die Zimbabwiese regering die simpatie het van die eienaars wat die internasionale geldmarkte beheer nie.”

Daar is egter hoop, meen Horn. “Die heropbou van die ekonomie sal altyd met ’n hervorming in Zimbabwe begin – ’n hergeorganiseerde staatsdiens en ’n demokratiese beleid van die regerende party – kwessies wat nog nie op die tafel is nie.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.74/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.79% | Zinc US$ 2 807.90/T DOWN -0.46% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 942.33/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.74/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.79% | Zinc US$ 2 807.90/T DOWN -0.46% | Brent Crude Oil US$ 87.45/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 942.33/OZ UP +0.25%