Namibië het ‘olieveld’ van N$370 miljard

20 June 2019 | Plaaslik
Indringerbosse as die grootste bedreiger van weiveld en veeboerdery tans in Namibië, is eintlik ’n energiebate gelykstaande aan 400 miljoen vate ruolie met ’n waarde van N$370 miljard.
Dit is drie keer meer as wat die land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) in 2016 was voor die ekonomiese insinking die land in ’n resessie gedompel het.
Mnr. Colin Lindeque, hoofbestuurder van die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG), sê hoewel Namibië reeds die grootste uitvoerder van houtskool in die wêreld is, benut die land in hierdie stadium maar ’n skamele 0,15% van die indringerbosse vir die produksie hiervan.
“Namibië moet 20 keer meer houtskool produseer net om die 3% waarmee bosbekruiping jaarliks toeneem, teen te werk,” sê hy.
Volgens Lindeque word altesaam 45 miljoen hektaar weiveld tans deur indringerbosse verdring. Tien ton droë biomassa kan per hektaar geoes word.
N-BiG se berekenings toon die waarde van die biomassa waaroor Namibië beskik, is gelykstaande aan ’n olieveld wat 400 miljoen vate ruolie kan lewer.
“Dit is nie ’n diep, aflandige bron nie, maar groei in ons agterplase. Dit is maklik bereikbaar en kan selfs met ’n byl geoes word,” sê die hoof van hierdie bedryfsgroep vir Namibië se biomassabron.
“Die verskil is as dit wel olie was, het daar reeds ’n florerende bedryf bestaan wat aangevuur is deur die regering, internasionale konglomerate en wêreldmarkte,” sê Lindeque.
“Ons biomassahulpbron is nie olie nie, maar dit is nie minder werd nie. Dit bevat dieselfde hoeveelheid energie en is so geredelik beskikbaar vir benutting dat die makro- en mikro-ekonomiese voordele baie meer sal wees as dié van ’n tradisionele oliebron.”
Volgens hom kan biomassabenutting aan 100 000 mense in Namibië werk verskaf as dit ten volle ontgin word. In hierdie stadium werk 5 000 Namibiërs in die houtskoolbedryf.
Lindeque sê bosindringing is grootliks ’n mensgemaakte probleem wat deur generasies van swak bestuur op plase veroorsaak is. “Pleks van vir die natuur te wag om dit reg te stel, kan ons dit net so wel doen.”
Die oes en benutting van biomassa sal nie net aan baie Namibiërs werk skep nie, maar ook bydrae tot meer produktiewe boerderye en toerisme, sê hy.
Volhoubare benutting van hierdie hulpbron in ‘n ten volle ontginde bedryf kan jaarliks ’n inkomste van N$15 miljard vir die land genereer.
Lindeque sê dit sal ‘n groei van 7% vir die BBP bewerkstellig.


Soortgelyk

 

Vlieëniers vlieg ‘blind’

8 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

8 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

8 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

8 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

8 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Geingob maan oor voorvaderlike grondeise

8 ure gelede | Regering

Jemima Beukes - President Hage Geingob het gewaarsku die emosionele kwessie van voorvaderlike grondeise, indien dit vir politieke gewin gebruik word, kan ’n burgeroorlog ontketen....

Swakop se vuurtoring bewaar

8 ure gelede | Plaaslik

Erwin Leuschner – Swakopmund se estetika-komitee het die nuutste ontwerp vir ’n beplande ontwikkeling by die dorp se voormalige binnenshuise swembad afgekeur. Dít omdat ’n...