Namibië haal toptoerismelys
Die mediahuis Bloomberg het Namibië as ’n vuurwarm toeristebestemming vir 2018 gelys.
Dít saam met 22 ander bestemmings.
"Daar is meer aan Namibië as Sossusvlei se bo-aardse duine of Dooievlei se verskroeide vlaktes soos wat in National Geographic gesien kan word," skryf Bloomberg.
"Met min infrastruktuur vir toerisme was dit tot dusver moeilik om alles in dié uitgestrekte landskap te kan sien."
Bloomberg beveel kulturele uitstappies na die Himba aan, asook die besigtiging van die Etosha Nasionale Park se "witgekalkte" olifante en die 2 000 jaar oue San-rotstekeninge in Damaraland.
Bloomberg skryf daar is baie stede en plekke wat 'n besoek werd is, "maar wanneer bestemmings evolusie ondergaan met nuwe hotelle en restaurante wat standaarde stel of propvol nuwe kulturele aantreklikhede is, kan jy 'n elektriese vonk in die lug voel”.
Die mediahuis sê die kuns daarvan om op die regte plek op die regte tyd te wees, “is presies wat 'n goeie vakansie in 'n uitstekende een omtower".
Op grond hiervan het Bloomberg hul lys van 22 topbestemmings vir 2018 saamgestel: Salvador in Brasilië; die Karibiese eiland St. Kitts; Patagonië in Chili; Borneo; Jordanië; Dundee in Skotland; Georgië; Kambodja; Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate; Singapoer; Slowenië; Los Angeles in Amerika; Florence in Italië; Fidji; Suid-Korea; die Amerikaanse hoofstad Washington; Los Cabos in Mexiko; New Orleans in Amerika; suidelike Tanzanië; Kopenhagen in Denemarke en Tunisië.
Lees meer by https://www.bloomberg.com/news/features/2018-01-02/where-to-go-in-2018.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie