Namibiu00eb gasheer vir Steps2Walk
Namibiu00eb gasheer vir Steps2Walk

Namibië gasheer vir Steps2Walk

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Lady Pohamba Private Hospitaal speel vandeesweek gasheer vir die Steps2Walk Namibia Voet- en Enkelkonferensie wat tot Vrydag in die hoofstad voortduur.

Tydens dié week sal geselekteerde pasiënte uit minderbevoorregte gemeenskappe met voet- en enkelpatologie ook chirurgie ondergaan. Gerekende medici wat aan die konferensie deelneem, sluit drs. Mark Myerson (VSA), Andie Veljkovic (Kanada), Rodrigo Fernandes (Brasilië) en Graham McCollum (Suid-­Afrika) in.

Dr. Myerson is die mediese direkteur en stigter van die niewinsgewende organisasie Steps2Walk en opereer onder dié vaandel ­pasiënte uit ­minderbevoorregte gemeenskappe wat voet- en enkel­operasies nodig het.

Steps2Walk het tans ­soortgelyke programme in 14 lande wêreldwyd, en in elke land word dié uitreikprogramme gereeld twee tot vier keer per jaar herhaal om volgehoue en volhoubare sorg en ortopediese onderrig te verseker.

Die konferensie, wat tans in Windhoek onderweg is, is die eerste uitreik- en opleiding­sending deur dié groep in Suider-Afrika.


Chirurgiese sorg

Die program vir die week sluit lesings deur internasionale sprekers, sowel as chirurgie by die Lady Pohamba Private Hospitaal in. 'n Kadawer-werkwinkel sal ook by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool aangebied word.

Die doel van Steps2Walk is om chirurgiese sorg van voet- en ­enkelafwykings in ­wêreldstreke te verseker waar dié dienste ­gebrekkig is.

Dit het voorts ten doel om ortopediese chirurge op te lei oor verskeie behandelingsopsies wat uiteindelik tot voordeel van duisende mense landswyd sal strek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!