Namibië, Duitsland bespreek samewerking
Onderhandelinge tussen die Duitse en Namibiese regerings oor ontwikkelingsamewerking is volgens 'n verklaring deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking met welslae afgehandel.
Die onderhandelinge het op 7 en 8 Februarie in Windhoek plaasgevind.
Tydens die bespreking van die samewerking is opnuut ooreengekom dat Duitse bystand op drie fokusareas, naamlik die bestuur van natuurlike hulpbronne, volhoubare ekonomiese ontwikkeling en vervoer, sal konsentreer.
Water, energie en sport is ook bespreek.
“Die hoofdoel van Duits-Namibiese ontwikkelingsamewerking is steeds die stryd teen armoede en ongelykheid in Namibië.
“Die samewerking is in pas met Namibië se langtermyn-ontwikkelingstrategieë asook die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG),” lui die verklaring.
Volgens die ministerie het die onderhandelinge in 'n gemoedelike atmosfeer plaasgevind en is dit gekenmerk deur intensiewe, deursigtige en vrugbare gesprekke. Beide partye het ook die talle konkrete voorbeelde beklemtoon van welslae wat Namibies-Duitse ontwikkelingsamewerking reeds bereik het.
Die lande het ook hul verbintenis tot die verdere versterking van die spesiale vennootskap tussen die twee gegee.
Duitsland se amptelike ontwikkelingsbystand aan Namibië is die hoogste per capita in Afrika. Sedert Namibië se onafhanklikwording het Duitsland byna een miljard euro (ongeveer N$14 miljard) aan Namibië geskenk. Dit is benewens bykomende finansiering binne die raamwerk van die Europese Unie (EU), die Afrika-unie (AU), die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en ander multilaterale organisasies soos die Global Fund vir die bekamping van MIV/vigs, tuberkulose en malaria, asook die Afrika-ontwikkelingsbank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie