Namibië, China se band opnuut gekap

Geingob loop deur

11 November 2019 | Regering
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en Namibië se band is onbreekbaar.

Sun het Vrydag by Staatshuis gesê China steun Geingob en Swapo om die land ná 27 November na hoër hoogtes te lei.

Namibiërs gaan op dié dag stembus toe om vir ’n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te stem.

Tydens haar besoek het sy gesê China en Namibië het ’n soortgelyke geskiedenis en die twee lande se ontwikkelingsdoelwitte is ook baie na aan mekaar.

Volgens kommentaar op Republikein se Facebook-blad op ’n video oor die besoek verkoop Geingob Namibië glo aan die Oosterse moondheid.

“Welkom by die moderne kolonisering en skuldstrik,” lui een gebruiker se kommentaar.

’n Ander Facebook-gebruiker kap die kritici: “Mense, hou op kla, want wanneer die verkiesings kom, stel julle nie belang om te stem nie.”

Geingob het Sun Vrydag gelyk gegee oor die betrekkinge tussen die twee lande. “Oor die jare het ons verhouding gedy en ver en wyd uitgebrei – polities, ekonomies en kultureel.”

Dié band, sê hy, het die volgehoue vestiging van vertroue tussen die twee lande teweeg gebring.

Hy sê hy was bly om te hoor die Chinese regering het die verhouding “verhoog tot ’n omvattende strategiese vennootskap – dis ’n hoogs gewaardeerde gebaar”.

Geingob het die Chinese regering terselfdertyd vir hul finansiële bydrae tot die verligting van Namibië se voortslepende droogte bedank.

Die Chinese regering het vroeër vanjaar meer as N$2 miljoen aan Namibië geskenk om die impak van die droogte te bestry.

Die media is net vir ’n gedeelte van die gesprekke tussen Geingob, verskeie ministers en raadgewers en Sun en haar afvaardiging toegelaat.

China en NV

Die leier van die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, wou verlede jaar in die NV by mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, weet watter leningsooreenkomste tydens ’n hoëvlakafvaardigingbesoek aan China gesluit is.

Schlettwein het toe gesê geen nuwe lenings is bekom nie.

In dié stadium beloop Namibië se “leningblootstelling” aan China sowat 2,7% van die land se totale lenings, het Schlettwein gesê.

’n Ooreenkoms is wel aangegaan om Namibië toegang tot finansiële markte in China te bied sou besluit word om wel by dié Asiatiese land geld te leen, het die minister gesê.

“Ons het daardie deur oopgemaak sodat dit nou vir ons beskikbaar is.”

Soos die Afrika-ontwikkelingsbank se N$5 miljard-lening oor vyf jaar benodig Namibië “’n soortgelyke bedrag” om te leen, maar by watter land dit geleen sal word, is nog nie besluit nie.

Daarnaas is ’n ooreenkoms wat reeds in 2010 gesluit is vir lae-inkomstebehuising gewysig om te verseker Namibië het steeds toegang daartoe.

Dié lening is egter rentevry, het Schlettwein gesê.

Hy het voorts gesê China het tydens dié besoek N$1 miljard vir die opknapping van die lughawepad geskenk.

Schlettwein was ook deel van die afgelope Vrydag se samesprekings by Staatshuis.
- [email protected]

Soortgelyk

 

Studie werp lig op geweld

21 ure gelede | Misdaad

Me. Dianne Hubbard reik vanoggend die Regshulpsentrum (LAC) en die Hanns Seidel-stigting se studie oor die gebruik van geweld deur wetstoepassers in Namibië uit. Sy...

Eksamen 'nie 'n mooi prentjie'

1 dag gelede | Ministeries

Henriette LamprechtNet drie uit meer as 400 mediese studente het 'n onlangse eksamen vir internskappe geslaag.Die betrokke eksamen word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA)...

Ou liefde roes nie

1 dag gelede | In beeld

Op 31 Januarie vanjaar het tannie Igna (78) en oom Piet (84) Liebenberg 61 jaar gelede in die NG kerk op Mariental ewige trou aan...

Waarskuwing dat Kunene dalk oorstroom

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh - Gemeenskappe wat teenaan die Kunenerivier woon, is gister teen moontlike oorstroming gewaarsku.Dit omdat die rivier by Ruacana teen 1 136,7 m³/s gevloei...

Kalender 14 Februarie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Joe’s Beerhouse bied vanaand ‘n Valentynsgeleentheid aan. Komplimentêre sjokolade sal uitgedeel word, en ‘n professionele fotograaf sal jou en jou metgesel...

DHPS hou makietie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Deutsche Höhere Privatschule hou op Saterdag 29 Februarie ’n Career Fair and Summer Festival.Die loopbaanekspo, voorheen bekend as Opedag, gaan hierdie jaar ‘n nuwe...

Paratus en stadsraad stamp koppe

1 dag gelede | Regering

Yolanda Nel - Werknemers van die telekommunikasiemaatskappy Paratus wat gister besig was om gate in die hoofstad te grawe om veselkabelverbinding aan te lê, moes...

Weer, Vrydag 14 Februarie 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm in die Suidweste en Noord­ooste. Elders gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde...

For the love of research

1 dag gelede | Onderwys

Michelline Nawatises Chiku Getrude Mnubi-Mchombu completed her secondary education in 1978 and obtained a certificate in librarianship in Tanzania in 1981. She then worked...