'Namibiu00eb, Angola moet malaria su00e1u00e1m beveg'
'Namibiu00eb, Angola moet malaria su00e1u00e1m beveg'

'Namibië, Angola moet malaria sáám beveg'

Wêreldmalariadag is Dinsdag in die suide van Angola en noorde van Namibië gevier.
Francoise Steynberg
Die ministeries van gesondheid van Namibië en Angola het Dinsdag op Wêreldmalariadag by die Oihole-nedersetting in die suide van Angola 'n samewer­kingsooreenkoms gesluit om malaria saam te beveg.

Die geleentheid is deur Namibië se minister van gesondheid en maat­skaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, en sy Angolese eweknie, dr. Luis Gomes Sambo, bygewoon, asook deur die Angolese goewerneur van die Cunene-provinsie, mnr. Kundi Paihama. Daarna is Wêreldmalariadag ook by Omafo in Helao Nafidi in die noorde van Namibië gevier.

Haufiku het gesê Namibië en Angola moet dieselfde mediese taal in hul veldtog teen malaria gebruik.

“Ons sal nie die stryd teen malaria wen as ons dinge op verskillende maniere doen nie. Die twee lande se gesondheidsektore moet gesondheidswerkers in verafgeleë gebiede ontplooi om mense te leer hoe om sulke gesondheidsprobleme te voorkom,” het Haufiku gesê.

Benewens malaria, het hy ook tuberkulose (TB) en MIV/vigs as ander gesondheidsprobleme uitgesonder wat veldtogte in die twee lande moet hanteer.

Haufiku het beklemtoon dat hospitale in Namibië gratis behandeling vir malaria, TB en MIV/vigs aan Angolese bied, maar die twee lande oorweeg dit om 'n gesamentlike fonds te stig en amptenare uit te ruil om die standaard van gesondheid oor die grens gelyk te stel.

“Die stryd teen malaria en ander siektes sal nie gewen word as gesondheidsamptenare in hul kantore, huise, klinieke en hospitale sit nie. Hulle moet van huis tot huis en kambashu tot kambashu beweeg, almal ontmoet en die boodskap versprei dat sterftes weens malaria verhoed kan word,” het Haufiku gesê.

Hy het voorgestel dat streeksleiers soos goewerneurs, raadslede, tradisionele en kerkleiers ook die stryd teen malaria en ander gesondheidsprobleme ondersteun.

Haufiku sê hy wil van baie minder malariagevalle tydens die volgende Wêreldmalariadag hoor. Volgens huidige beraminge is daar meer as

24 000 infekterings en 34 sterftes jaarliks weens malaria.

Sambo het beloof dat Angola sal voortgaan om saam met Namibië die oorgrens-stryd teen malaria te stry.



MALARIASYFERS

Sedert Januarie het 11 092 mense in Namibië positief vir malaria getoets en 18 sterftes is aangemeld. Dit beteken gemiddeld 83 mense word per dag met dié siekte gediagnoseer.

'n Noodplan om die uitbreking van die siekte in die Ohangwena-, Kavango-Oos- en Kavango-Wes- en Zambezistreek hok te slaan, is vroeg in Maart deur die ministerie aangekondig. Laasgenoemde drie streke

word die ergste deur die uitbreking geraak.

Tussen 8 en 22 Maart is meer as 18 000 mense in die Kavango-Oos- en -Wesstreek vir die siekte getoets, waarvan 997 positief was. In die Zambezistreek is 3 558 mense getoets, waarvan 163 positief was. In die Ohangwenastreek, waar die ministerie se uitreikprogram op 15 Maart afgeskop het, het agt uit 336 mense positief getoets.

Volgens Haufiku is beduidende vooruitgang reeds gemaak om malaria teen 2020 uit te wis, met 'n vermindering van 96% sedert 2001 in die aantal gevalle en sterftes.

Uitbrekings van die siekte het egter in 2014, 2016 en ook vanjaar voorgekom. In 2001 is 735 510 gevalle en

1 747 sterftes aangemeld.

Die voorkoms van die siekte het in 2012 gedaal na 3 163 gevalle en vier sterftes. Sedert 2012 was daar 'n oplewing in die siekte en 24 682 gevalle

en 87 sterftes is verlede jaar aangeteken.

Volgens Haufiku word die toename in malariagevalle beïnvloed deur klimaat- en omgewingsfaktore, sowel as 'n beduidende oorgrensbeweging van mense in lande met 'n baie hoë voorkoms van malaria.

Die reaksieplan vir die huidige uitbreking het op 350 000 inwoners in die betrokke streke betrekking en sluit die ontplooiing van 61 verpleegsters en 10 omgewingsgesondheidsbeamptes in.

Die mediese personeel is met sowat 100 000 toetsstelle in die gebiede ontplooi om inwoners so vroeg as moont­lik te diagnoseer en te behandel. 'n Verdere 250 000 toetsstelle word nog verwag. - Nampa en eie berig

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.80/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 86.46/BBP DOWN -0.008 | Platinum US$ 929.01/OZ DOWN -0.0077