Name van Asab-slaggoffers bekend gemaak
Die name van die vier slagoffers van ’n grubotsing Woensdag tussen Mariental en Keetmanshoop waarby 'n dubbelkajuitbakkie en ’n bus betrokke was, is deur die polisie bekendgemaak. Die oorledenes is Asor Takataeo Baisako (38), Regina Katzao (59), Helena Naambo Shihwandu (30) en Kassian Mwaafa Nambondi (32). Die ongeluk het sowat drie kilometer noord van Asab tussen 15:30 en 15:45 plaasgevind. Na bewering het die bestuurder van die Marcopolo-bus met 35 kontrakwerkers van die Rosh Pinah-myn, beheer oor die bus verloor nadat ’n band gebars het. Die bus het in die aankomende laan beweeg en kop-teen-kop met die dubbelkajuitbakkie gebots waarin die vier oorledenes op reis was. Die dubbelkajuitbakkie is weens die impak van die botsing in twee geskeur.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie