Name nodig vir kankerregister
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) doen ‘n beroep op alle Namibiërs wat van 2015 tot 2018 met kanker gediagnoseer is, om die vereniging te kontak.
Dit sal deel vorm van Namibië se Nasionale Kankerregister, wat inligting bevat oor alle Namibiërs wat sedert 1984 met dié siekte gediagnoseer is.
Die doel van die register is om alle gevalle van die siekte aan te teken om goeie gehalte data vir beplanningsdoeleindes in terme van onderrig, bewusmaking en die strewe na beter behandelingsprogramme te verseker.
In 2016 is die vyfjaarverslag gepubliseer wat van 2010 tot 2014 strek. Tans is CAN besig met die volgende driejaarverslag wat van 2015 tot 2018 sal strek.
CAN se uitvoerende hoof en direkteur van die kankerregister, mnr. Rolf Hansen, het beklemtoon alle inligting word streng vertroulik hanteer en sal slegs vir beplanningsdoeleindes deur sy kantoor aangewend word, asook deur die raadgewer van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste.
“Ons waarborg en respekteer inwoners se privaatheid,” het Hansen gesê.
Inwoners wat in die tydperk 2015 tot 2018 met kanker gediagnoseer is, word versoek om hul naam, kontakbesonderhede, tipe kanker en Namibiese identiteitsnommer na [email protected] te stuur.
“Ons bedank alle Namibiërs by voorbaat vir hul ondersteuning. Saam kan ons ‘n verskil maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie