Name bekend van ma, seun wat by Otjiwarongo sterf
Die 37-jarige vrou en haar 14 maande oue babaseun wat Dinsdagmiddag in 'n grubotsing buite Otjiwarongo gesterf het, se name is bekend gemaak.
Nampa berig hulle is uitgeken as me. Sofia Ndinehafo Ndeapo Iihuhwa en haar seun, Atuhe Iihuhwa. Sy was 'n onderwyseres by die Oshogambo Senior Sekondêre Skool in die Oshikotostreek.
Die ongeluk het kort voor vyfuur die middag sowat 35 km buite Otjiwarongo op die pad na Otavi plaasgevind toe die bestuurder van die bakkie waarin hulle gereis het, van agter in 'n stilstaande vragmotor vasgejaag het.
Die polisie het vroeër die week gesê die ongeluk het plaasgevind sowat 'n halfuur nadat die 26-jarige bestuurder 'n boete van N$1 500 gekry het toe hy 'n vierrigting-stop op Otjiwarongo verontagsaam het.
'n Klag van stafbare manslag is intussen teen hom aanhangig gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie