Namcor beplan vyf vulstasies
Namcor beplan vyf vulstasies

Namcor beplan vyf vulstasies

Vyf vulstasies word vir binne die bestek van 'n jaar beoog.
Augetto Graig
Augetto Graig - Namcor, die staatsonderneming wat die potensiaal van hidro­koolstof in Namibië aktief ­bevorder, gaan sy kleinhandel­strategie begin toepas.

By die bekendstelling van die onderneming se splinternuwe handelsmerk het mnr. Immanuel Mulunga, Namcor se besturende direkteur, Woensdagaand by die Windhoek Country Club se gholfbaan gesê die eerste Namcor-vulstasie sal teen die einde van November in die Omusati­streek geopen word.

Daarna sal nóg vyf vulstasies binne die bestek van sowat ses tot 12 maande landswyd opgerig word.

Dit sluit ook 'n hoofkantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in.

“Daarna sal ons ons kleinhandelvoetspoor in die land op die groot dorpe, in die streke en in landelike gebiede verhoog. Dit is die begin van 'n nuwe era vir Namcor,” het Mulunga gesê.

Dit sal van Namcor 'n ­volwaardige brandstofmaatskappy maak met toegang tot stoorfasiliteite in Walvis­baai en nuwe depots op verskeie dorpe soos Gobabis, Ondangwa en Windhoek, het hy gesê.

Volgens hom sal Namcor die helfte van die brandstof wat die land nodig het, invoer, en dit sal 'n groter deel van die mark dien deur middel van plaas­like verkope en uitvoere na nabye buurlande met Walvisbaai as middelpunt.

Namcor beoog ook om 'n sleutelspeler in die mark vir smeermiddels en vloeibare petroleumgas te raak, het Mulunga gesê.

Die onderneming sal die gebeide beman waarvoor hulle eksplorasielisensies het om sodoende by te dra tot die nasionale soektog na olie.

Terselfdertyd wil hulle Kudugas aanwend sodat hulle hul eie krag kan opwek.

“Namcor het vir hulself die ambisieuse teiken gestel om 'n entiteit te word wat 'n inkomste van N$5 miljard teen 2020 genereer.

“Ons sal dié doel bereik deur gebruik te maak van ons posisie as nasionale oliemaatskappy en deur van verskeie geleenthede gebruik te maak,” sê hy.

Tans beslaan Namcor maar 7% van die plaaslike mark vir die verkope en bemarking van brandstof in Namibië, en slegs 1% van die smeermiddelmark, het Mulunga gesê.

By dieselfde geleentheid het die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, meer oor dié planne uitgewei.

Sy sê die eerste Namcor-vulstasie sal op Tsandi opgerig word.

Met die Kudu-projek is vordering gemaak deurdat 56% aan BW Kudu, 'n vennootskap tussen Namcor en BW Offshore, oorgedra is.

Namcor en NamPower is ook net 'n maand van die sluiting van 'n gaskoopooreenkoms af, sê Shilunga.

In haar toespraak namens minister Obeth Kandjoze sê Shilunga dat 20% van Blok 2914A en 100% van Blok 1811A aan Namcor toegeken is vir olie-eksplorasie.

“Namcor het ontwikkel van 'n onderneming wat afhanklik is van die regering se geld, tot 'n staatsonderneming wat dwarsoor die olie- en gaswaardeketting versprei is,” het sy gesê.

Shilunga het bygevoeg dit is van strategiese belang vir die land.

Mulunga het minister Kandjoze geprys vir die ministerie se volgehoue ondersteuning.

Hy het genoem die huidige bestuur is besig met die sespuntplan wat hy opgestel het toe hy die besturende direkteur van Namcor geword het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!