Namandje se boeke bly toe tot Julie
Namandje se boeke bly toe tot Julie

Namandje se boeke bly toe tot Julie

Denver Kisting
Denver Kisting



Mnr. Sisa Namandje, ’n gesiene plaaslike regsman, moet meer as twee maande wag om te hoor of hy sy praktyk se boeke vir inspeksie moet oopgooi.

Dít kom nadat regter Herman Oosthuizen gistermiddag in hofsaal A in die Windhoek-hoërhof uitspraak voorbehou het.

Oosthuizen het die saak tot Vrydag 24 Julie vanjaar vir sy uitspraak uitgestel.

Namandje en die Regsvereniging van Namibië (LSN) was die afgelope twee dae in ’n hewige stryd voor Oosthuizen gewikkel.

Me. Uno Katjipuka-Sibolile wil namens die LSN toegang hê tot Namandje se boeke omdat dié regulatoriese liggaam vermoed die prokureur se trustrekening kon vir onregmatige doeleindes aangewend gewees het.

Aikôna, het adv. Raymond Heathcote SC namens Namandje gesê, die LSN oorskry hul magte.

Trouens, wat dié liggaam probeer vermag, behoort ongrondwetlik te wees, sê hy. Dit druis in teen dié oppergesag se bepalings oor privaatheid, sê hy.

Hy het gister sterk kapsie gemaak teen enige stelling wat daarop sinspeel dat Namandje by geldwassery betrokke was.

LSN GEE MENING

Die LSN hoef nie vir Namandje ’n kans gegee het om sy saak te stel vóór hul ondersoek van stapel gestuur en afgehandel is nie, meen Katjipuka-Sibolile.

Prokureursfirmas is verplig om onderskeid te tref tussen die geld wat hulle namens hulself in ’n besigheidsrekening berg teenoor die fondse in ’n trustrekening wat namens ’n derde party veilig behoort bewaar te word, het Katjipuka-Sibolile Woensdag gesê.

Sou dié vereiste nie nagekom word nie, mag die LSN stappe doen, het sy gesê.

Volgens haar is Namandje se beweerde teenstand om sy boeke vir die LSN oop te gooi, gesetel in die vertrouensverhouding wat tussen prokureurs en hul kliënte bestaan wat in regsterme as privilegie bekend staan.

Maar, het Katjipuka-Sibolile gemaan, privilegie mag opgeskort word.

Boonop moet partye daarvoor vra, het sy gesê.

Gewoonlik dring ’n kliënt daarop aan en hoewel ’n prokureur hom ook daarop kan beroep, moet dit in sy kliënt se belang wees, het sy gesê.

Hulle sal net kan weet of Namandje wel sy trustrekening onregmatig aangewend het indien hulle toegang tot sy rekords kry.

Buitendien kan Namandje se bereidwilligheid om gesprekke rondom die kwessie te voer, nie as samewerking gesien word nie.

Heathcote het vroeër gesê die skending van die vertrouensverhouding tussen prokureur en kliënt is een van die vernaamste redes hoekom ’n prokureur van die rol geskrap kan word.

Dit is net in ’n polisiestaat wat mense sonder taal of tyding by ’n plek kan instorm, op inligting beslag lê en na die owerhede toe hardloop, het hy gesê.

’n Dokumentêre program op Al Jazeera en ’n beweerde ondersoek deur die Sentrum vir Finansiële Intelligensie (FIC) het die LSN onraad laat vermoed, het Katjipuka-Sibolile gesê.

Dié program het grootskaalse beweerde plundery van Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene dollar aan die kaak gestel.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!