Nam weer deel van Groot Vyf?
Jo-Maré Duddy - Danksy 'n reusestyging in die Rössing-myn se produksie het Namibië straks verlede jaar sy plek as die vyfde grootste uraanprodusent in die wêreld herwin.
Die World Nuclear Association (WNA) beskik nog nie oor die 2016-syfers van die vernaamste uraanprodusente nie, maar data op sy webwerf toon Namibië se produksie het dié van Rusland in 2016 oorskry.
Rusland het Namibië in 2015 van sy plek in die topvyf ontneem en die land moes met die sesde posisie tevrede wees.
Volgens die WNA het Namibië verlede jaar in totaal 3 472 ton uraan gelewer, terwyl Rusland 3 004 ton geproduseer het. Vergeleke met 2015 het Rusland verlede jaar bykans 1,7% minder uraan gelewer, terwyl Namibië se produksie met amper 15,97% gebult het.
Rössing Uranium het vir dié styging gesorg. Dié myn het verlede jaar 1 569 ton uraan gespoeg, 512 ton of sowat 48% meer as in 2015. Langer Heinrich, daarenteen, se 2016-produksie van 1 903,5 ton was 1,7% minder as die vorige jaar.
Namibië se totale uraanproduksie verlede jaar was die hoogste sedert 2013, die laaste keer toe Trekkopje 'n bydrae gelewer het.
Intussen het Swakop Uranium se Husab-myn sy eerste uraanoksied op 30 Desember 2016 gelewer. China se CGN-Uranium Resources Co besit die meerderheid van dié myn. Verwagtinge is dat Husab sal verseker Namibië word die derde grootste uraanprodusent ter wêreld.
Die WNA het nog nie verlede jaar se produksiesyfers vir die Niger nie. In 2015 het 'n produksie van 4 116 ton uraan gesorg dat dié land die wêreld se vierde grootste produsent was.
Die topdrie produsente sal waarskynlik onveranderd bly. WNA-syfers toon Kasakstan het in 2016 sowat 24 000 ton uraan gelewer, gevolg deur Kanada met 16 762 ton en Australië met 6 315 ton.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie