Nam-raad weet van vereistes

Aantygings oor mediese studente 'onsensitief'

26 February 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, is in Rusland opgelei.

Dieselfde geld die hoofde van die ongevalle-afdeling van beide die Katutura- en Oshakati-staatshospitaal, die mediese superintendente van die staatshospitale op Rundu, Oshakati en Keetmanshoop, sowel as die stigterkoördineerder van die nasionale program vir mediese uitreikingsdienste.

Die Russiese Alumnivereniging in Namibië (Raan) het in 'n verklaring uitgevaar teen die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) se standpunt dat medici wat hul opleiding in Rusland ontvang het, nie op standaard is nie en ook nie basiese vaardighede onder die knie het nie.

Raan beskuldig die HPCNA daarvan dat hy kies om “onsensitief en onkundig” te wees.

Volgens die vereniging is Russies-opgeleide dokters ook deel van 'n groep spesialiste wat ná hul intern­skappe nou in van Suid-Afrika en Tanzanië tot Zambië werk.

“Ons, soos alle Namibiërs, is baie trots op die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool (SOM). SOM ontvang egter ook professore uit die mediese veld van universiteite in Rusland om onderrig in vakke soos fisiologie en patologie te verskaf,” lui die verklaring.

Raan sê bogenoemde samewerking het sy ontstaan danksy 'n gesamentlike verklaring van samewerking wat in Februarie 2010 tussen die voormalige staatshoof, mnr. Sam Nujoma, en die People's Friendship University of Russia onderteken is.

Die verklaring verwys voorts na 'n besoek in 2013 deur die voormalige minister van basiese onderwys, kuns en kultuur, dr. David Namwandi, aan universiteite in Rusland en die Oekraïne, waar Namibiese studente hul opleiding ontvang.

Die afvaardiging het verteen­woordigers van SOM, die HPCNA, die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), asook die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) ingesluit.

Volgens die verklaring het dr. Vetja Haakuria, die adjunkdekaan van die Namibiese Skool vir Aptekerswese, ná afloop van die besoek sy tevredenheid met die “vlak van dissipline van studente en die passie van dosente” uitgespreek.

Haakuria het ook verwys na samewerking met die aptekersbedryf van die Kharkov Nasionale Universiteit wat betref navorsing en die plasing van studente – 'n voorbeeld wat Unam volgens hom graag sou wou volg.

Raan verwys voorts na 'n ooreenkoms wat in 2013 tussen MoHSS en die People's Friendship University of Russia, sowel as die 1st Moscow Medical University onderteken is, wat die toelatingsvereistes vir dié universiteite duidelik uiteensit.

Dié vereistes is standaard vir alle staatsuniversiteite in die Russiese Federasie.

“Dit is deur dié ooreenkoms dat meer as 200 Namibiese soldate van ons huidige stryd tans medies en aptekerswese in Moskou studeer.

“As jy weet die universiteite is nie op standaard nie, hoekom is die lynministerie nie afgeraai om studente hierheen te stuur nie?” vra die verklaring.

Soortgelyk

 

Eis van miljoene ná miskraam

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

6 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

6 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

6 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

6 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

6 ure gelede | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Weer vir 21 Mei 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mestal mooi weer en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koud in die...

Kragverspreider gedagvaar

6 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter. Theonese Anthea Simon is...