Nam-inkomste was kleingeld, sê Samherji

'Slegs 0,6% van jaarlike omset'

11 June 2021 | Misdaad
Mathias Haufiku – Samherji, die Yslandse seekosmaatskappy, sê dit sou nie die moeite werd wees om sy wêreldwye omset, wat na bewering jaarliks rondom N$12,4 miljard is, deur korrupte bedrywighede in Namibië in gedrang te bring vir 'n klein winsmarge nie.

Die maatskappy, wat na bewering 'n kernrol in die Fishrot-omkopery­skandaal gespeel het, word daarvan beskuldig dat hy oor sewe jaar ongeveer N$547 miljoen verdien het deur die skandaal wat verskeie openbare figure en sakemanne met politieke bande in die tronk laat beland het en wat tans verhoorafwagtend is op aanklagte van bedrog, geldwassery en belastingontduiking.

Die uitvoerende hoofde van die maatskappy, wat deur aanklaers as kernrolspelers in die skandaal gelys is, het onskuldig gepleit, en in die proses 'n dringende beroep op Namibiese owerhede gedoen om eerder mnr. Johannes Stefánsson, die voormalige Samherji-werknemer wat die maat­skappy se bedrywighede in Namibië bestuur het, te vervolg.

Mnre. Ingvar Juliusson, Egill Helgi Arnasson en Thorsteinn Mar Baldvisson voer almal aan dat hulle geen aandeel in die Fishrot-sage het nie. Dit is vervat in hul afsonderlike beëdigde verklarings wat verlede week by die Namibiese hoërhof ingedien is.

“Die totale omset wat die aanklaer-generaal (AG) beweer die buitelandse beskuldigdes oor 'n tydperk van sewe jaar uit die beweerde korrupsieskema gegenereer het, is ongeveer N$547 miljoen, of 'n gemiddeld van N$78 miljoen per jaar. Dit is ongeveer 0,6% van die wêreldwye omset van N$12,35 miljard gedurende die laaste boekjaar.

“Ek hou vol met respek dat dit doodeenvoudig nie vir enige besigheid die risiko werd sou wees om by korrupte bedrywighede betrokke te raak vir só 'n klein winsmarge nie,” het Juliusson gesê.

In die opspraakwekkende saak lys die AG van Samherji se filiale soos Esja Holding, Saga Seafood, Heinaste Investments (Namibia), Mermaria Seafood en Saga Investments as beskuldigdes.

Volgens Juliusson het die AG, me. Martha Imalwa, nie die hoërhof meegedeel dat die Yslandse vervolgingsgesag haar versoek om die Samherji-base na Namibië te laat uitlewer in Februarie van die hand gewys het nie.

Dít nadat die staatsadvokaat, mnr. Ed Marondedze, in April vanjaar verklaar het dat uitleweringsprosedures aan die gang gesit is om die Yslanders na Namibië te bring.



NIE BETROKKE

Op sy beurt het Arnasson, wat namens die betrokke Samherji-filiale gepraat het, gesê hy het eers vanaf 1 Januarie 2017 by die Namibiese visbedrywighede betrokke geraak toe hy Stefánsson se pos oorgeneem het ná laasgenoemde se betrokkenheid by die maatskappy se bedrywighede in Namibië op 20 Desember 2016 beëindig is.

“Ek kon dus eenvoudig nie betrokke gewees het by enige beweerde komplot of enige ander oortreding wat voor daardie tyd plaasgevind het nie. Ek kon dus ook geen gemeen­skaplike doel met enige van die ander beskuldigdes gevorm het in verband met enige beweerde oortreding wat voor 1 Januarie 2017 plaasgevind het nie,” het hy gesê.

“Ek ontken spesifiek dat ek by enige oortreding betrokke was terwyl ek as direkteur van bogenoemde entiteite gedien het, en ek ontken veral elke aantyging dat ek met 'n gemeenskaplike kwaadwillige doel saam met enige van die ander beskuldigdes opgetree het,” het hy bygevoeg.

Volgens Arnasson is die aansoek nie aan hom beteken nie en het hy eers daarvan te wete gekom toe “die interne raad van Samherji dit aan my voorgelê het”.

“Ek is meegedeel daar is 'n ­wanopvatting in die AG se beëdigde ­verklaring geskep dat ek deel was van 'n beweerde korrupte plan. Ek ontken ten sterkste enige betrokkenheid by die beweerde korrupte plan of enige ­onwettige bedrywighede in of met betrekking tot Namibië,” het hy gesê.

“As Stefánsson deel was van 'n onwettige plan, het hy my beslis nooit daarvan gesê nie. Hy het ook nie 'n aanduiding gegee dat hy my goedkeuring nodig het vir die implementering van enige onwettige bedrywighede waarby hy dalk betrokke mag wees nie.”



ONTEVREDE OUD-WERKNEMER

Op sý beurt het Baldvisson gesê Stefánsson het alle betalings van uitgawes wat verband hou met bedrywighede in Namibië bestuur. Hy voeg by Stefánsson is “'n ontevrede werknemer wat uit die onderneming verwyder moes word as gevolg van die gemors wat hy gemaak het”.

“Mnr. Stefánsson het Samherji se bedrywighede in Namibië alleen bestuur. Hy het alle sakebesluite geneem. As hy onder my direkte toesig gewerk het, sou ek hom lankal afgedank het.

“Ek onthou my besoek aan Namibië en die ontmoeting met minister [Bernhard] Esau. Uiteraard is visvangvolumes bespreek; ek was beslis nie daarvan bewus dat die minister moontlik voordeel sou trek uit visvangbedrywighede nie. Dit is nooit aan my genoem of selfs in my teenwoordigheid bespreek nie,” het hy gesê.

Baldvisson hou vol hy het nie geweet die visvangkwotas is na bewering op 'n korrupte wyse bekom nie.

“Die Namibiese bedrywighede het 'n klein deel van die Samherji-groep se algehele bedrywighede uitgemaak en regverdig beslis nie my direkte betrokkenheid by operasionele aangeleenthede nie,” het hy gesê.

[email protected]


FOTO
Samherji sê die inkomste wat die maatskappy in Namibië genereer het, het slegs ongeveer 0,6% van sy wêreldwye omset van N$12,35 miljard uitgemaak. Foto Samherji

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

32 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...