Nageregbrood
As jy nie lus is vir brood knie nie, kan jy ook bereide deeg by die supermark koop.
Jy benodig
4 koppies koekmeel
1 eetlepel suiker
10 ml sout
1 pakkie kitsgis
3 koppies louwarm water
1 koppie pekanneute, grof gekneus
1 x 125 g-boksie Wilson’s Cream Caramels-toffies
1 koppie sagte bruinsuiker (treacle sugar)
1 koppie roomfoelie
Maak só
1. Knie die spulletjie. Meng die koekmeel, suiker, sout en kitsgis saam. Maak ’n holte in die meel en voeg die louwarm water geleidelik by totdat dit ’n deeg vorm. Knie die deeg op ’n meelbestrooide werkblad tot glad en elasties. Dit gaan omtrent 10 minute duur.
2. Laat dit rys. Laat dit sowat 30 minute rys tot dubbel die grootte.
3. Pot toe. Smeer ’n plat swartboompot met botter of bespuit dit met kossproei. (As jy nie vreeslik wil pot skoonmaak nie, voer die pot ook met foelie uit en smeer dit met botter.) Knie die deeg af, maak rolletjies en sit dit in die pot.
4. Moenie nou begin kilojoules tel nie. Druk die pekanneute en toffies oral in die deeg in. Strooi die sagte bruinsuiker oor die brood en gooi die room oor die brood.
5. Sit die pot se deksel op.
6. Bak die brood. Krap die kole oop en plaas die pot in die vuur. Pak kole sowat 5 cm weg rondom die pot en sit van die kole bo-op die deksel. Laat die brood vir sowat 45 minute of tot gaar bak. Die brood is reg wanneer dit hol klink as jy dit klop. Jy kan ook ’n mes in die brood steek – as dit skoon uitkom, is dit gaar. Eet die brood warm. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie