Nafau kry kantoor op Lüderitz
Vanjaar vier die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) sy 32ste verjaardag.
Verlede maand het die unie ’n nuwe streekkantoor op Lüderitz geopen.
By die geleentheid het die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, gesê dit is net regverdig dat werkers in primêre hulpbron-nywerhede vergoed word volgens die wins wat besighede maak wat dié hulpbronne ontgin.
Volgens die minister is rykdom wat nie gedeel word nie, nie volhoubaar nie.
Hy het ’n beroep op werkers gedoen om deur aandeelhouding en gelyke vergoeding meer betrokke by die ekonomie te raak.
Op 10 November, die dag voor die nuwe kantoor se amptelike opening, het gemeenskapslede en werkers met mnr. Jacob Penda, Nafau se sekretaris-generaal, en ander vakbondlede vergader om hul griewe te bespreek.
By die opening het Penda die sowat 600 teenwoordiges aangemoedig om by Nafau aan te sluit.
Hy het gewaarsku teen ander vakbonde wat werkers mislei en onwettige stakings aanmoedig, aangesien dit werkverliese veroorsaak.
Nafau het by die geleentheid erkenning aan amptenare verleen wat die vakbond lank reeds dien.
Hulle sluit in mnre. Johan Hendricks en Joshua Kayambo, asook mee. Frieda Shikangala, Karolina Willem en Maria Manuel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie