Naellope beloof meeste opwinding
Naellope beloof meeste opwinding

Naellope beloof meeste opwinding

Atletiek
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Atletiek Namibië se senior atletiekkampioenskap vind môremiddag en Sondagoggend by die Onafhanklikheidstadion in Olympia plaas, waar heelwat verdedigende kampioene gaan woeker om hul titels te behou.

Die tienersensasie en pas bekroonde o.20-wêreldrekordhouer in die 400 meter, Christine Mboma (17), asook Beatrice Masilingi (18) sal môre met die intrapslag van die program (14:00) tydens die 400-uitdunne in aksie gesien word.

Mboma is witwarm op dreef, want ná laas naweek se reis na Lusaka spog sy met twee nuwe persoonlike bestes – 49.24 in die 400 en in die 800 meter 2 minute 03.27 sekondes.

Masilingi sal in die 100, 200 en 400 nael, waar sy onderskeidelik met persoonlike beste tye van 11.38, 22.72 (beide Namibiese senior rekords) en 49.53 (óók laas naweek in Lusaka) die gunsteling behoort te wees.

Ané Rautenbach sal vir die 100 (11.77 PB) en 200 (23.65 PB) in die blokke sak, terwyl Jolene Jacobs na verwagting haar fokus op die 100 (11.50 PB) sal plaas. In die 100 vir mans kan Gilbert Hainuca (10,31), die immer kompeterende Ernst Narib en die gereelde kampioen Jesse Urikob (10.28 PB) opnuut vir vuurwerke sorg.

Narib is goed op dreef nadat hy die afgelope naweek in Lusaka die 100 (eerste in 10.90) en 20.69 (persoonlike beste) kafgedraf het.

Mahmad Bock (200 en 400) sal ewe graag 'n punt teen Narib en Urikob (PB 20.85) in die 200 wil bewys.

Ivan Danny Geldenhuys (400, PB 46.29 en 400 hekkies, PB 52.67) en André Retief (400 hekkies, PB 55.08) het beide ambisie om vir die 2021 Olimpiese Spele te kwalifiseer. Om dit te behaal, word die streep getrek by 44.90 in die 400 en 48.90 in die 400 hekkies.

Emmanuel Samuntu, met 'n hoogte van 2.10 meter in die hoogspring, se moontlike sterk mededingers in die land sal dalk nie teenwoordig wees om hom hard te druk nie.

Ryan Williams, die Namibiese diskusgooirekordhouer wat by Pukke studeer, is beseer en sal vir die eerste keer in jare nie die kampioenskap bywoon nie. Hy het onlangs 56.53 meter met die skyf behaal.

Die kompetisieprogram begin môre om 14:00 en behoort teen 20:00 klaar te wees. Sondag is die eerste item vir 09:00 geskeduleer en kort ná eenuur is die byeenkoms iets van die verlede.


FOTO
Die land se gedugte naellopers soos Jesse Urikhob (links) en Ernst Narib sal mekaar opkeil by die nasionale kampioenskap. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!