Nadia ís Namibië se stem
Yolanda Nel – In ‘n stampvol saal staan hoopvolle mense en wag om te hoor wie 2019 se Voice of Namibia-wenner gaan wees.
En Nadia Hansen raap die titel op.
Sy het vir dié sangkompetisie ingeskryf juis vir die blootstelling.
“Ek sing nou al sowat 14 jaar en dit is moeilik om as vroulike solokunstenaar naam te maak,” vertel sy.
Voice of Namibia was die ideale platform.
“Die publiek, asook feesorganiseerders is skepties oor ’n onbekende kunstenaar, en ek hoop hierdie titel sal my die geleentheid gee om meer te kan optree,” sê sy.
Nadia het ná skool eers werklik begin sing terwyl sy klank en produksie in Pretoria studeer het.
Sy het daarná ook ‘n sangdiploma aan die Campus of Performing Arts in Midrand verwerf.
In 2010 het Nadia aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste deelgeneem, wat haar die geleentheid gegee het om in Los Angeles aan die wêreldkampioenskappe deel te neem.
Daar het sy ’n brons medalje verower.
“Terug in Namibië het ek met sangopleiding begin en 22 studente afgerig en voorberei op die plaaslike en wêreldkampioenskappe,” sê sy.
Maar sy was onseker oor haar eie sangloopbaan en het onderwys en tale aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer.
Hoewel Nadia haarself as ‘n introvert sien, is die verhoog ’n plek waar sy haar skeppende kant kan uitleef.
“Dit is ook ’n manier om my emosies en gevoelens uit te druk. Boonop is dit baie bevredigend om deur musiek ’n storie te kan vertel waarmee mense kan identifiseer of hulself kan vereenselwig,” sê sy.
Sy wil graag ‘n loopbaan uit musiek maak – voltyds óf deeltyds.
“Die droom is om ‘n soloalbum vry te stel, te toer en musiek te maak,” sê sy.
‘n Platform soos Voice of Namibia is vir Nadia ook belangrik.
“Ons het baie onontdekte talent in ons land en hierdie tipe platform is belangrik om sulke talent bloot te stel en te ontwikkel.”
En toe haar naam as wenner uitgelees word, “toe is ek verlig, tevrede en baie gelukkig”.
Gaan maak gerus ‘n draai op die Voice of Namibia Facebook-blad en luister na Namibië se stem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie