NAC: N$9 m om hou00ebs te dissiplineer
NAC: N$9 m om hou00ebs te dissiplineer

NAC: N$9 m om hoës te dissiplineer

'n Dissiplinêre verhoor van vier bestuurders van die Namibië Lughawensmaatskappy was glo partydig.
Ogone Thlage
Ogone Tlhage - Haar dissiplinêre verhoor was partydig, sê me. Toska Sem, hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se kommersiële dienste.

Dit het ook aan die lig gekom dat die forensiese oudit en dissiplinêre prosedures teen vier NAC-bestuurders, onder wie Sem, teen verlede November glo N$7,1 miljoen gekos het en dat dié syfer na verwagting tot N$9 miljoen kan styg.

Twee ander NAC-bestuurders, die menslike hulpbronnebestuurder, me. Josephine Soroses, en finansiële en administratiewe bestuurder, mnr. Verengai Ruswa, is vrygepsreek, terwyl die bestuurder van hulpbronne en betrekkinge, mnr. Albert Sibeya, bedank het.

Die viertal is in Oktober 2017 geskors, sonder dat wesenlike klagte teen hulle geopenbaar is.

Sem se regsverteenwoordiger, mnr. Richard Metcalfe, het die voorsitter van die dissiplinêre verhoor, mnr. Norman Tjombe, en die inisieerder, mnr. Mbushandje Ntinda van Sisa Namandje & Co, van partydigheid beskuldig.

"Dit is opvallend uit die sogenaamde forensiese ouditverslag dat geen poging aangewend is om 'n verklaring vir aantygings teen ons kliënt te verkry nie en dat sy geregtigheid en regverdigheid ingevolge artikel 18 van die Grondwet geweier is," het hy op 27 Februarie in 'n brief aan die waarnemende uitvoerende hoof van die NAC, mnr. Lot Haifidi, geskryf.

Volgens Metcalfe was Tjombe vir drie geskeduleerde afpsrake weens swak gesondheid nie beskikbaar nie, terwyl die inisieerder by een geleentheid afwesig was weens 'n borgtogaansoek wat hy moes bywoon.

Dit beteken die NAC het meer as N$7 miljoen aan die forensiese oudit en dissiplinêre verhore tot en met November 2018 bestee het, het Metcalfe beweer.

'JAMMERLIKE SAGE'

“Tot November 2018 het hierdie jammerlike sage van die misbruik van ons kliënt en drie ander werknemers die NAC 'n verbysterende bedrag van N$7,1 miljoen gekos,” het hy geskryf.

Tjombe is ook daarvan beskuldig dat hy nie 'n kennisgewing van 'n beplande nuwe datum vir 'n opvolgverhoor aan Sem se regsverteenwoordiger gestuur het nie.

“In teenstelling met enige vorige uitstel het mnr. Tjombe versuim om 'n kennisgewing aan ons kantoor te stuur,” het Metcalfe geskryf.

"Die voorsitter en inisieerder het hierdie uitstel heftig teengestaan op grond daarvan dat die dissiplinêre verhoor met of sonder regsverteenwoordiging sal voortgaan. Mnr. Tjomb het vies aan me. Sem gesê die saak sal voortduur sonder haar regsverteenwoordiging en geen uitstel sal toegestaan word nie," het hy bygevoeg.

Volgens Metcalfe het Haifidi opdrag aan Ntinda en Tjombe gegee om die dissiplinêre verhoor teen 28 Februarie te finaliseer.

"Dit was die ooglopende rede vir mnr. Tjombe om 'n redelike versoek vir die uitstel op 'n geskikte datum vir alle partye te weier," het hy geskryf.

Omdat die NAC nie daarin kon slaag om die saak af te handel nie beteken dit N$9 miljoen is aan die ondersoek en dissiplinêre verhoor bestee, het Metcalfe bygevoeg.

Daar is steeds nog geld wat deur die NAC aan Sisa Namandje & Co vir Sem se dissiplinêre verhoor betaal moet word, asook aan Deloitte.

Tjombe het nie in hierdie saak pro bono opgetree nie en die afleiding is dat 'n verdere rekening aan sy regsfirma gestuur kan word, het Metcalfe gesê.

'KORPORATIEWE VERVOLGING'

“Dit beteken die korporatiewe vervolging van ons kliënt het meer as N$9 miljoen gekos,” het hy geskryf.

"In die omstandighede word u nederig versoek om 'n dissiplinêre verhoor met 'n onpartydige voorsitter te belê sodat ons kliënt wettig verteenwoordig kan word en geregtigheid kan geniet."

Tjombe het nie op Sem se beweringe gereageer nie.

“Dit sal onvanpas vir my wees om kommentaar te lewer op 'n interne dissiplinêre verhoor waarvan ek die voorsitter is. Jy moet die voorsitter, mnr. Ntinda, kontak," het Tjombe in 'n SMS gesê.

Ntinda het in reaksie op beweringe van Sem op 28 Februarie aan Metcalfe geskryf: "Dit is bisar dat jy dié nou opper terwyl jy deeglik daarvan bewus is dat die forum waar jou kliënt haar mening kan lug, die verhoor is. Dit is dus baie opportunisties dat jy so 'n onbesonne benadering gevolg het.

“Verder is daar geen instruksie aan die voorsitter of inisieerder oor hoe die verhoor hanteer moet word nie. Neem kennis die inisieerder tree altyd in die beste belang van die NAC op en sal nie jou en jou kliënt se vertragingstaktieke ten koste van die NAC verdra nie.”

Sem se dissiplinêre verhoor is glo afgehandel en die aanbeveling is gemaak dat sy ontslaan word.

'n Bron het gesê die uitspraak moet nog aan haar oorgedra word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%