Naalde, vel en ’n oop kop.

Lloyd Zandberg
Vandat sy haar hande kon gebruik, het sy nie sjokolade in haar mond gedruk, stokkielekkers tussen haar vingers vasgeknyp, sprinkane se vlerke afgebreek of puzzles gebou nie.

Kelly het na ‘n potlood gegryp en haarself vir ure op hierdie manier vermaak.

Sonder dat sy dit besef het, het haar lewe as kunstenaar op ‘n baie jong ouderdom afgeskop.

Vandag bestaan haar lewe hoofsaaklik uit kuns en het sy vir haarself ‘n loopbaan as tatoekunstenaar gevestig.

Kelly Macnab is oorspronlik van Johannesburg en sê dit is die alledaagse dinge wat haar inspireer en haar kuns beïnvloed. “Dit dwing my om heeltyd bewus te wees van my menswees,” sê sy.

Sy gebruik elke dag as ‘n geleentheid om haar eie grense, of dit op ‘n persoonlike of professionele vlak is, te skuif.

In 2016 het Kelly ‘n man met ‘n baard aangenaam gevind, hulle het bietjie gesels en koffie gedrink en sy het besluit om saam met hom na sy tuisland, Namibië, te verhuis.

Hy is Ollie Reisner, eienaar van Jaybird & Blade, ‘n gewilde barbierswinkel in Klein Windhoek.

Voor haar skuif na Namibië het Kelly tydens haar besoeke hier besef daar is ‘n groot gaping in die tatoemark. Soos enigiemand weet, kom ‘n geleentheid net een keer, en as jy hom nie gryp nie, is dit tickets.

Kelly het die geleentheid met haar potloodhande aangegryp, die mark tussen die oë geslaan en haar loopbaan as tatoekunstenaar behoorlik in die hoofstad gevestig.

Afgesien van die feit dat Kelly ‘n ongelooflike kunstenaar is, kan jy haar maklik vir ‘n aansitete oornooi ook - vriendelik, opreg en spontaan.

Die perfekte kanidaat vir ‘n seekos-paella.

Onbeskofte mense verdien nie kos wat moeite verg nie.

Jy nooi hulle net vir boereworsrolletjies of tunatert.

Hoe het dit gebeur dat jy met tatoes begin het?

Vandat ek ‘n tiener was, het ek nog altyd in tatoes belanggestel. Dit is ‘n unieke kunsvorm en dit het my oog gereeld gevang. Die tegnieke en style is eindeloos. Dis interessant en verskuif die konvensionele grense van kuns ’n bietjie.

Hoe lank doen jy al tatoes?

Amper twee jaar.

Wat was die eerste tatoe wat jy gedoen het?

Die eerste tatoe wat ek ooit gedoen het, was om my broer se enkel gewees. Ons het die aand voor die tyd met ‘n idee vorendag gekom en ek onthou hoe angstig ek was. Dit was een van die senutergendste oomblikke van my lewe. Ek kon nie ophou bewe nie. My broer het my nog altyd ondersteun in enigiets wat ek doen, en, ironies genoeg, het die tatoe mooi uitgekom en hy dra hom vandag nog met trots.

Hoeveel tatoes het jy al gedoen?

Ek het min of meer al 300 gedoen. Dis moeilik om tred te hou . . .

As jy nie ‘n tatoekunstenaar was nie, wat sou jy wees?

As ek nie tatoes gedoen het nie, sou ek waarskynlik in die kreatiewe kant van rekenaarspeletjie-ontwikkeling ingegaan het. Dit is wat ek eintlik besig was om te swot. Storieborde, karakterontwerp en speletjie-intriges is waaroor ek tydens my studies geleer het. Ek en die universiteit het oor iets koppe gestamp en toe moes ek my studies staak. Maar ek is glad nie spyt oor my verandering van loopbaan nie.

Trek jou werk ‘n spesifieke soort individu aan?

Ek glo my werk trek verskillende soorte mense aan. Van argitekte, prokureurs en onderwysers tot entrepreneurs. Ek vind dikwels is vroulike kliënte gemakliker met my omdat ek ‘n vrou is, maar ek kry steeds mense van alle agtergronde. Baie mense benader my vir familie- of huldeblykontwerpe, soos ‘n kind se naam of die datum van ’n familielid se afsterwe. Baie het ook al na my gekom vir hulle eerste tatoe, gewoonlik baie klein, maar ek het ook al mense gekry wat groot, intense werke soek vir ‘n eerste tatoe. Ek verkies om te glo ek lok oopkop mense - ‘n klein groepie mense wat die harde werk en filosofie agter die kuns verstaan en waardeer.

Dink jy tatoes is meer sosiaal aanvaarbaar as vantevore?

In vergelyking met stede soos Johannesburg of Kaapstad of ander groot stede in die wêreld, is Namibië nog baie konserwatief en die tatoebedryf is baie klein en onderontwikkeld. Mense sien my werk nie as ‘n beroep nie, maar eerder as ‘n stokperdjie en dit het steeds ‘n astigmatiese verband met kuns. Daar is duisende generiese tatoes op sosiale media te sien. Omdat dit op sosiale media is, glo ek dit kan as sosiaal aanvaarbaar beskou word. Mense dink daai tatoes is die enigste opsies, al het dit ’n tekort aan kreatiwiteit, karakter en individualiteit. Tatoes is ‘n manier waarop mense hulleself uitdruk. Dit is ‘n jammerte dat mense bang is om bietjie uit te staan. Boonop word dapperheid verskuil in die kry van ‘n tatoe.

Wat is jou gunstelingkunswerk?

Ek hou baie van kuns in die algemeen. Daar is iets in elke genre wat vir my mooi is. Ek is nie die grooste aanhanger van moderne kuns of klassieke kuns nie. Ek verkies illustrasies, abstrakte werk, fantasie, digitale kuns en ander minder bekende genres. Ek voel die kunstenaars in dié genres het hul eie uitsonderlike styl ontwikkel en kan as individue beskou word. Hulle is nie bang om hulself deur middel van hul liefde vir kuns uit te druk nie.

Speel kuns ‘n rol in die samelewing?

Kuns, net soos regte musiek, is vir my die laaste bietjie magic wat in die wêreld oor is. Met tegnologie wat die wêreld oorneem en ons gejaagdheid is selfuitdrukking baie skaars. Kuns is oral: graffiti, grafiese ontwerp, beeldhouwerk, advertensies, tatoes ensovoorts. Enigiets wat jou oog vang, wat jou iets laat voel of jou inspireer, is vir my kuns. Kuns hang natuurlik van persoon tot persoon af. Kunstenaars is mense wat nie bang is vir sosiale druk, konflik of oordeel nie.

Wat geniet jy die meeste van jou lewe as tatoekunstenaar?

Ek is mal oor al die mense wat ek ontmoet, en om uit hul stories en lewensverhale te leer. Ek het verskeie vriendskappe gemaak en herinneringe bymekaargemaak vandat ek in hierdie bedryf is. My loopbaan dwing my ook om my kreatiwiteit en vermoëns ten volle te benut. En dit is baie gesond vir enige kreatiewe brein.

Beoefen jy enige ander kunsvorms? Indien wel, kan jy dit met tatoekuns vergelyk?

Ek teken, verf, skilder, doen houtwerk en maak ook linoleumdrukke. Ek het onlangs met digitale kuns begin speel en dit is ‘n uitdaging vir my. Veral omdat ek vir die grootste deel van my lewe net met tradisionele mediums te doen gehad het. Faktore soos ‘n stabiele hand, geduld, konsentrasie en uithouvermoë geld vir enige kunsvorm. Of dit nou tatoes, fotografie of skilder is. Interessant genoeg is die manier waarop jy ‘n kwas op ‘n doek sou gebruik, baie dieselfde as ‘n naald op vel. Hoewel die vel bietjie meer tricky is en ‘n diverse canvass is.

Watter tatoekunstenaars inspireer jou?

Kunstenaars van alle genres beïnvloed of inspireer my op ‘n manier. Dit is baie gesond. Dit hou jou nederig en gee jou die krag om harder te werk. Van die tatoekunstenaars wat my inspireer, is Normal Collins (Sailor Jerry), Nikki Hurtado, Megan Massacre, Ebony, Mellowship en Karlos Lloyd. Daar is ook fantastiese kunstenaars in my tuisland wat my geweldig inspireer. Onder meer Mercia Heystek en Seona Stewart. Die hoeveelheid hardwerkende, talentvolle kunstenaars is verstommend.



Jou eerste tatoe bly nou maar eenvoudig ‘n belewenis. Eintlik elkeen daarna ook. Party sê dit is meer verslawend as kokaïen, ander sê dit is soos jou eerste liefde - jy kan nooit daarvan vergeet nie. Maak seker dit is wat jy wil hê. Dit bly vir ewig deel van jou. As jy jeukerig is vir ‘n blommetjie op jou enkel, jou sterreteken op rug, skouer of pols, of jy het uiteindelik besluit om jou voorarm met die intro van Paulo Coelho se The Alchemist te bedek, behoort jy nou oortuig daarvan te wees dit is die regte ding. Bel vir Kelly. Sy is fantasties. En jy loop met kuns op jou vel en ‘n oop kop by haar weg. Laasgenoemde is gratis. En selfs meer permanent as enige tatoe.

Vir meer inligting, besoek Kissing Cousins Tattoo Parlour op Facebook of kontak Kelly by 081 329 7216, of besoek haar Instagram-blad by k_macnab.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03%