Naakstudie vir R2 miljard verkoop

17 May 2018 | Kuns en vermaak
’n Naakstudie deur die Italiaanse kunstenaar Amedeo Modigliani is een van die duurste kunswerke wat tot nog toe op ’n veiling verkoop is.

Dié 1917-skildery, deel van die Nu couché-reeks, is Maandagaand vir US$157,2 miljoen (bykans R2 miljard) by Sotheby’s in New York verkoop – die hoogste veilingsprys in die veilingshuis se geskiedenis.

Leonardo da Vinci se Salvator Mundi is verlede jaar op ’n veiling van Christie’s vir ’n verbysterende US$450 miljoen verkoop.

Voor die veiling het Sotheby’s geraam dat die werk vir sowat US$150 miljoen verkoop sal word – ook ’n nuwe rekord vir Sotheby’s vir ’n geskatte prys vir ’n kunswerk.

Volgens CNN was Christie’s se vorige rekord in 2015 toe geraam is dat Pablo Picasso se Les Femmes d’Alger, “weergawe O”, vir US$140 miljoen sal verkoop, wat uiteindelik ’n prys van US$179,4 miljoen behaal het.

Nu couché was deel van Sotheby’s se veiling van impressionistiese en moderne kuns en is “vir byna ses keer meer verkoop as die vorige koopprys in 2003”, volgens die veilingshuis se amptelike Twitter-rekening.

Die duurste prys vir ’n Modigliani, ook een van die reeks naakstudies Nu couché (1917-’18), is US$170,4 miljoen, wat Liu Yiqian, ’n Chinese miljardêr, in 2015 betaal het. - Netwerk24

Soortgelyk

 

25 jaar, al het Zenobia berou

8 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

8 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

8 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

8 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...

Leiers faal die mense

8 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die Namibiese burgerlike organisasie-aktivis mnr. Uhuru Dempers sê die Suider-Afrikaanse leiers moet “wakker skrik” en die harde werklikhede van neerdrukkende armoede en...

Kajuitberaad by SADC

8 ure gelede | Plaaslik

Kajuitberaad by SADC