!Na vir die !nara

26 February 2004 | Kollig
NAMIBIË se unieke woestynplant, die !nara, kan \'n internasionale toonvenster word vir die land.
Dié veelborstige moeder van die Topnaar-Nama of Aonin word ook geskakel met die omgangswoord \"!na,\" omdat dit onder meer \"genoeg\" beteken.
Die nuwe publikasie !Nara, onder redaksie van Joh Henschel, Rudolf Dausab, Petra Moser en John Pallett, kyk terug op sewe jaar van die Nara-program (Natuurlike Hulbronbestuur deur die Aonin). Dit is \'n gesamentlike projek van die Topnaar gemeenskap en die Woestynnavorsingstigting van Namibië (DRFN) oor die benutting van die woestynspanspek as \'n volhoubare inkomstebron.
!Naras kan bemark word as droeë en geroosterde saad, in gebak, olie, lyfroom, konfyt, sap, likeur, aandenkings en gedroogte vrugte. Hoagaribeb is die naam vir die gekookte vleis van die vrug wat soos vrugterolle bewaar is.
Die tradisionele afsetgebiede van !nara- of botterpitte is Walvisbaai, Swakopmund en die Kaap, waar dit lank deur die Asiatiese bevolking gebruik word as \'n plaasvervanger vir amandels.
Terwyl die plant reeds sowat 8 000 jaar gelede deur die Khoi gebruik is, glo wetenskaplikes dat dit ten minste al 2 000 jaar sistematies benut word. Dit is \'n integrale deel van die Topnaarkultuur.
Net sowat 300 van hierdie tradisionele veeboere en jagterversamelaars woon vandag nog in die Kuisebvallei. Die !nara het ook sonskerm en medisyne gelewer.
Eiendomsreg is gereguleer deur \'n buigsame stelsel van privaatbesit wat families toegelaat het om in oestyd kragte te snoer met ander. Deesdae is daar net \'n klein groep professionele oesters wat soms bots met persone wat die plant periodiek benut.
Volgens die program se navorsing wil die Topnaar dié tradisie behou, al stel min verstedelikte jong mense belang. Die suksesvolle benutting van die !nara kan bewerkstellig word deur \'n koöperatief te stig, bemarking te verbeter en opleiding te verskaf. In die proses kan \'n wye verskeidenheid verwante kleinondernemings ontstaan.
Die boek dek onder meer die geskiedenis, ekologie, fisiologie en bestuiwing van die plant. Dit bevat \'n nuttige historiese tabel, verskeie statistieke, kaarte en \'n groot hoeveelheid kleurfoto\'s. Daar is selfs \'n resep hoe om self sade te ontkiem.
Hoewel !Nara \'n wetenskaplike geskrif is, is die meeste van die inhoud toeganklik vir Jan en Alleman en beslis hoogs leesbaar en interessant.
- !Nara is gepubliseer deur die Namibiese Wetenskaplike Vereniging. Kleinhandelprys: N$120.

Soortgelyk

 

Geen Boeing 737 Max 8's mag in Namibië land

17 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het pas ‘n verbod geplaas op die gebruik van Namibiese lughawens deur Boeing 737 Max 8-vliegtuie.Dié owerheid sê...

Geen geld - geen tee, koffie vir pasiënte

4 ure gelede | Gesondheid

Pasiënte in staatshospitale gaan weens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se knyptangbegroting vanaf 1 April nie meer koffie en tee bedien word nie....

Geen borg vir rugby-afrigter

5 ure gelede | Misdaad

Borgtog is geweier tydens die eerste hofverskyning van Roger Thompson (35), voormalige afrigter van die Namibiese o.20-rugbyspan.Thompson, wat Sondag in hegtenis geneem is, is aangekla...

Sommige dele van Windhoek sonder water, elektrisiteit

7 ure gelede | Plaaslik

Vyf woonbuurte in Windhoek is tans sonder water, terwyl dele in Katutura nie elektrisiteit het.Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit, sê in ‘n verklaring waterlewering...

Man (75) verkrag glo sesjarige

7 ure gelede | Misdaad

’n Man wat glo geestelik gestremd is, het Saterdag na bewering ’n sesjarige meisie in die Omhokolo- nedersetting verkrag. Die 75-jarige man is familie...

Ses sterf in vroeë oggendure

17 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause 'n Motorongeluk tussen Windhoek en Okahandja het gister om 05:45 die lewens van ses mense geëis.Vyf mense was in 'n sedan van...

Katrina se skoonsuster verhuur glo lyshuis

17 ure gelede | Howe

Denver Kisting Die hoërhof in Windhoek het gister gehoor 'n skoonsuster van me. Katrina Hanse-Himar­wa het glo 'n huis, wat sy wederregtelik onder die...

Weer vir 12 Maart

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die verre noordooste met 'n paar donderbuie, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Steytler verlaat Staatshuis

17 ure gelede | Regering

Dr. Alfredo Hengari, die president se woordvoerder, het in 'n bondige verklaring gesê Steyt­ler het verlede Maandag reeds bedank.Dit was ook sy laaste werkdag, het...