Na Japan vir opleiding

300 ­Namibiërs ­bevoordeel

26 February 2018 | Onderwys
Altesaam 23 Namibiese staats­amptenare het onlangs opleiding in Japan voltooi wat tussen 10 dae en 10 weke geduur het.

Hulle het onder meer opleiding ontvang in: Die versterking van sakeontwikkeling, markgeoriënteerde uitvoerbevordering, die versterking van die vermoë om klein- en medium-sakeondernemings te ondersteun, die verbetering van gehalte en produktiwiteit, volhoubare ontwikkeling van hawens, ­herwinbare energie, waterbestuur, die bevordering van landboubesighede, markgeoriënteerde landbou, die verbetering van gehalte, onderwys en wetenskaponderrig en die versterking van gesondheids­laboratoriumtegnieke.

Volgens Japan se ambassadeur in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, het ongeveer 300 Namibiese beamptes sedert die program in 1990 begin is, reeds voordeel daaruit getrek.

Vanjaar besoek meer as 20 ­Namibiërs Japan om verder opgelei te word.

Die kursusse, wat ten volle deur die Japannese regering deur middel van die Japannese agent­skap vir internasionale same­werking en die vereniging vir oorsese ­tegniese samewerking en volhoubare vennootskappe gefinansier word, is deel van die land se tegniese bystand aan Namibië.

Dit ondersteun Namibië se pogings om menslike hulpbronne en vaardighede te verbeter. Dit is volgens Sakamoto die sleutel tot die verwesenliking van Namibië se nasionale ontwikkelingsplanne, die Harambee-welvaartplan en Visie 2030. Sakamoto het Woensdag ver­skeie Namibiese staatsamptenare wat in Japan opleiding ondergaan het, by sy huis onthaal.

By die geleentheid het die hoofbestuurder van Namdia, mnr. Kennedy Hamutenya, wat in 1996 opleiding in Japan ontvang het, gesê hy het heelwat geleer tydens sy verblyf in die land. Hy het onder meer die belangrikheid van volhoubare mynwese en die impak op die natuur beklemtoon.

Die waarnemende ­permanente ­sekretaris van die Nasionale ­Beplanningskommissie, me. Annely Haiphene, het die Japannese regering vir die bystand bedank en sê dit dui op die waardevolle vriendskapsbande tussen Namibië en Japan.

Sy het die Namibiese deelnemers aan die program aangemoedig om dit wat hulle geleer het, terug te ploeg in hul onderskeie beroepsvelde en dit goed te benut.

Soortgelyk

 

‘Burger in rou’ bepleit genesing

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - ‘n Optog vind vanaand (Dinsdag) vanaf die Goethe Instituut se kultuursentrum na die Alte Feste-museum plaas waar ‘n gedramatiseerde visuele uitbeelding van...

Windhoek se waterverbruik bly té hoog

10 ure gelede | Omgewing

Windhoekers het die afgelope week 7% méér water gebruik as wat toelaatbaar tydens droogtetye is en kon weereens nie die vereiste teiken van 10% besparings...

Brexit: Uitstel bied uitvoerders blaaskans

20 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Die moontlike negatiewe impak wat ‘n haakplek in die onderhandelinge vir ‘n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje op uitvoerders kon hê, is deur...

Erindi: Chinese het nié aanbod gemaak

20 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Die eienaars van die Erindi Private Wildreservaat het nie ‘n koopaanbod van enige Chinese burgers ontvang nie. Mnr. Sisa Namandje, Erindi se...

Geen laatregistrasie vir nasionale eksamens

20 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - Geen laatregistrasie sal ná spertye gedoen word vir deeltydse studente vir die Junior Sekondêre Sertifikaat (graad 10) of voltydse sowel as deeltydse...

Leeujagters geskiet

20 ure gelede | Omgewing

Ileni Nandjato – Die Namibiese polisie in die Oshanastreek het ‘n saak van poging tot moord geopen ná me. Amalia Sheya (51), ‘n werknemer van...

Weer vir 26 Maart

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die Suide en die Zambezistreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde donderbuie...

Kriminalisering van aborsie 'werk nie'

20 ure gelede | Regering

Henriette LamprechtDie hoë siekte- en sterftesyfer verwant aan onveilige, onwettige aborsies bewys die kriminalisering van aborsie keer onwettige aborsies nie werklik nie.“Hoewel dit wyd erken...

N$210 miljoen vir registrasiepersoneel

20 ure gelede | Regering

Denver KistingMnr. Theo Mujoro, die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se uitvoerende hoof, sê die N$67 miljoen wat aan hulle toegeken is, is nie voldoende om...