Na 91 jaar swaai Hamburger Hof se deure toe

23 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
EEN van die bakens op Otjiwarongo waar reisigers sedert 1911 verby gery het en soms herberg gesoek het, moes weens finansiële stremming sy deur vir altyd sluit.
Die hotel Hamburger Hof op Otjiwarongo, een van die Namib Sun-groep se hotelle, is op 30 November finaal gesluit.
Sover vasgestel kan word, het die eerste werklike ontwikkeling op Otjiwarongo in 1906 geskied. Een van die pioniers van die ontwikkeling, Julius Doll, het in 1903 vanaf Duitsland op Swakopmund aangekom en hom op Otjiwarongo gevestig. In 1906 het hy die eerste winkel in die nedersetting geopen. Die eerste hotel wat daar geopen was, was Gustav Lacheiner se Lacheiner Hotel. Hy het dit goed gedink om huisvesting te voorsien aangesien Otjiwarongo die deurgang van baie reisigers en soldate in daardie tyd was.
Dié behoefte het die dorpie oorstroom en nóg twee hotelle het met die tyd hul deure geopen. Een daarvan was Julius Doll se Hamburger Hof wat in 1911 begin sake doen het.
Volgens mnr. Patrick Hashingola, skakelbeampte van die Ohlthaver & List-groep aan wie die Namib Sun Hotelle behoort, is niks van die hotel se geskiedenis opgeteken nie.
Met navrae aan die eerstes wat by O & L betrokke geraak het, kon die eerste deel onthou word.
Op \'n onbepaalde datum het Julius Doll die hotel aan die Suidwes Brouery (nou Namibië Brouery) verkoop. Hamburger Hof is by \'n groep hotelle gevoeg wat deur Suidwes Brouery bekom is om húl produkte in die hotelle se kroeë te bemark.
Met die instelling van \'n toerisme-afdeling by O & L het Hamburger Hof deel geword van die Namib Sun Hotelle se portefeulje.
Luidens \'n verklaring van O & L word die sluiting van die hotel aan swak toerisme-ontwikkeling op Otjiwarongo toegeskryf.
Die verklaring lui egter dat die 26 werknemers nie deur die sluiting beïnvloed word nie. \"Hulle is steeds ons verantwoordelikheid en om ons dankbaarheid vir hulle diens te toon, sal ons alles in ons vermoë doen om hulle \'n blink toekoms te verseker.\"
O & L het ook elkeen van die werknemers die kans gegun om aansoek vir verplasings en vakatures in die Groep te doen. Dusver is sewe werknemers na lodges asook ander inrigtings in die O & L-groep verplaas.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

22 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

22 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

22 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

22 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

22 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

22 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...