N$900 miljard vir Afrika
N$900 miljard vir Afrika

N$900 miljard vir Afrika

Pres. Hage Geingob het by die Focac-beraad in Beijing gesê China kan 'n belangrike ontwikkelingsrol in SADC speel.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



China gaan US$60 miljard (sowat N$900 miljard) beskikbaar stel vir die finansiering van projekte in Afrika.

Volgens die Chinese president, mnr. Xi Jinping, sal dit in die vorm van beleggings, lenings en toelae wees.

Hy het Maandag by die twee dae lange beraad van die Forum vir China-Afrika-samewerking (Focac) in Beijing aan Afrikaleiers gesê US$15 miljard sal as toelae, rentevrye lenings en toegewyde lenings beskikbaar gestel word, US$20 miljard vir kredietdoeleindes, US$10 vir ontwikkelingsfinansiering en US$5 miljard vir invoere uit Afrika.

Die Chinese staatshoof het verder belowe sy regering sal maatskappye in dié tweede grootste ekonomie ter wêreld aanmoedig om oor die volgende drie jaar US$10 miljard in Afrika te belê. Hy het na China verwys as “die skepper van wêreldvrede en wêreldwye ontwikkeling en die onderhouer van orde in die wêreld”.

Die tema van vanjaar se derde Focac-beraad, wat gister ten einde geloop het, was “China en Afrika: Na 'n selfs sterker gemeenskap met 'n gedeelde toekoms deur wen-wen samewerking”.

Buiten die smee van nouer bande was een van die oogmerke van die beraad ook om lande in Afrika te ­integreer by die Gordel- en Roete-­inisiatief (RBI), oftewel die syroete ekonomiese gordel en die 21ste eeuse maritieme syroete. Dit is 'n ontwik­ke­lingstrategie van die Chinese ­regering om verbinding en same­werking tussen lande in Europa en Asië langs die antieke syroete te bevorder.

Kritici van hierdie inisiatief be­skuldig China daarvan dat hy sy rol in wêreldsake wil vergroot deur die middelpunt van dié voorgenome handelsnetwerk te word.



OPGRADERING BESPREEK

Pres. Hage Geingob en sy Chinese ampsgenoot het Sondag op die vooraand van die beraad in Beijing vergader waar onder meer die opgraderingsprojek by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako bespreek is.

Namibië en China het ook die bilaterale lugdiensooreenkoms geparafeer wat volgens Geingob “reusepoten­siaal vir toerisme in Namibië inhou”.

Verder is 'n memorandum vir samewerking in China se syroete ekonomiese gordel- en 21ste eeuse maritieme syroete-inisiatief onderteken.

Geingob het die beraad Maandag toegespreek waar hy as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) 'n beroep op China en sy beleggers gedoen het om dié streek te ondersteun in die ontwikkeling van sy vervaardigings-, infrastuktuur-, vervoer-, landbou- en toerismesektore.

Geingob het benadruk handelsliberalisering kan net sinvol tot ontwikkeling, armoedeverligting en werkskepping bydra as dit gerugsteun word deur die kapasiteit om doeltreffend te vervaardig en handel te dryf.

Om dít reg te kry het die SADC die 2015-2063-nywerheidstrategie en -roetekaart ontwikkel, het hy gesê, en bygevoeg dat China met sy kennis en ervaring in nywerheidsontwikkeling en tegnologie in dié opsig handig te pas kom.

“Ons nooi daarom vir China en sy beleggersgemeenskap uit om ons vennote in projekte in sleutelsektore te word.”

Geingob het verder gesê die ­Focac-beraad so na aan die 38ste algemene beraad van die SADC in Windhoek skep 'n uitstekende platform vir gesprekvoering tussen China en Afrika.

Die SADC se vernaamste oogmerke is die industrialisasie van die streek, die bemagtiging van die jeug deur opleiding en die handhawing van veiligheid en sekuriteit, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.89/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.20% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 1.46% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 929.76/OZ DOWN -0.0069