N$9 miljoen-inspuiting vir spogspel
Sokker
Tielman van Lill
Standard Bank Namibia het gister sy Top 8-beker bekend gestel, wat vir die volgende drie jaar aangebied sal word.
Standard Bank maak sy terugkeer na dié sport ná hy ‘n paar jaar gelede die Standard Bank-beker vir drie jaar geborg het. Die borgskap beloop N$3 miljoen per kompetisie, wat prysgeld en ander uitgawes insluit.
Net die voorste agt spanne wat die vorige seisoen die Namibiese Premierliga-seisoen oorheers het, sal in dié gesogte kompetisie uitdraf. Die kompetisie bestaan uit ‘n kwarteindronde waartydens die agt spanne mekaar in vier botsings pak.
Die volgende stap is die halfeindronde, waartydens vier wenspanne in twee wedstryde teen mekaar speel. Beide klubs sal die geleentheid kry om tuisveldvoordeel te geniet, en die span met die beste algehele telling sal as die wenner aangewys word.
Die toernooi skop volgende jaar op 31 Januarie in die hoofstad af en die finaal word op 31 Maart gespeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie