N$7 miljard om Air Nam te behou
N$7 miljard om Air Nam te behou

N$7 miljard om Air Nam te behou

Daar is geen salf aan Air Namibia te smeer nie, want die regering kan nie N$7 miljard vir sy voortbestaan opdok nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer Onderhandelinge met die Amerikaanse vliegtuigverhuring- en finansieringsmaatskappy Castlelake Aviation oor Air Namibia se twee Airbus A330-200’s waarvoor die regering waarborge van nagenoeg N$2,4 miljard verskaf het, “was suksesvol en is 99% afhandel”.
Die kontrak met Castlelake is die rede waarom die regering nog nie voortgegaan het met sy besluit om die nasionale redery te likwideer nie, sê mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s).
Air Namibia is tans in jaar agt van ’n 12 jaar-huurkontrak met Castlelake vir die twee groot Airbus-vliegtuie wat tot Maart verlede jaar toe vlugte weens Covid-19 gestaak moes word, op die Frankfurt-roete gebruik is.
Dié kontrak kos die nasionale redery maandeliks US$1,1 miljoen per vliegtuig. Volgens Jooste het die maandelikse verlies op die Frankfurt-roete egter veel meer beloop.
Die kabinetskomitee vir tesourie het verlede jaar reeds Jooste se aanbeveling om Air Namibia te likwideer, aanvaar. Die besluit is egter stil gehou uit vrees dat Castlelake die waarborge sou oproep.
Jooste het die naweek by navraag gesê die onderhandelinge met Castlelake was ’n sukses en is feitlik afgehandel. Hy sê waar daar in 2019 nog vier toekomsopsies vir Air Namibia onder bespreking was, is daar nou net twee oor. “Die twee opsies is ’n nuwe besigheidsplan wat N$7 miljard en meer sal kos, of likwidasie wat waarskynlik heelwat minder as N$2,5 miljard sal kos,” sê Jooste.
TWEE PLANNE NOG OORWEEG
Die voormalige minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het sowat twee jaar gelede ’n ontledingsdokument oor die onvolhoubaarheid van Air Namibia aan die kabinetskomitee op tesourie voorgelê waarin hy die vier moontlike toekomsopsies uitgestippel het.
Die eerste opsie was om die status quo te handhaaf en tussen 2019- 2022 ’n verdere N$3,5 miljard-las op die belastingbetaler te plaas, óf om ’n valskermplan te ontplooi waarin die regering N$2,5 miljard tot N$3,3 miljard in Air Namibia sou pomp.
Plan nr. 3 was ’n nuwe besigheidsplan en -strategie teen ’n koste van N$4,1 miljard (weens Covid- 19 sal dit nou meer as N$7 miljard kos), en opsie 4 was om Air Namibia te likwideer en ’n nuwe redery te begin wat net winsgewende plaaslike en streeksroetes bedien.
Jooste sê die situasie het sedertdien weens Covid-19 “radikaal” verander. “Die eerste twee opsies is van die tafel en daar is nou net twee opsies oor, aangesien dit ekonomiese selfmoord sal wees om voort te gaan met die redery in sy huidige formaat, naamlik met ’n sakemodel wat nie lewensvatbaar is nie.”

Hy sê die kosteverskil tussen die twee oorblywende opsies beloop meer as N$4,5 miljard.
Intussen het Air Namibia se regspan ter elfder ure daarin geslaag om die likwidasie van die redery Vrydag af te weer.
Dit was moontlik danksy ’n skikkingsooreenkoms wat met die likwidateur van die bankrot Belgiese redery, Challenge Air SA, bereik is. Mnr. Anicet Baum, die likwidateur, is een van Air Namibia se talle krediteure. Air Namibia het Baum ingevolge ’n hofbevel in Duitsland €25 miljoen (dit is sowat N$460 miljoen teen die huidige wisselkoers) geskuld.
SKIKKINGSOOREENKOMS
Air Namibia het in Maart 1998 met Challenge Air SA ’n ooreenkoms aangegaan vir die huur en instandhouding van ’n Boeing 767-33 van dié Belgiese maatskappy. Air Namibia het later aangevoer daar is fout met die vliegtuig en het nie die kontrak eerbiedig nie.
Hoewel Challenge Air SA kort daarna gelikwideer is, het die likwidateur Air Namibia in ’n hof in Duitsland vir kontrakbreuk van €25 miljoen gedagvaar.
Baum sê in die hofstukke hy en Air Namibia het op 11 Desember 2019 ’n terugbetalingsooreenkoms aangegaan vir die nagenoeg €18,3 miljoen wat die nasionale redery Challenge Air SA in daardie stadium nog geskuld het.
’n Terugbetalingskedule is opgestel ingevolge waarvan die eerste betalings in Desember 2019 gemaak moes word, en die laaste van 23 betalings op 17 September 2021.
Baum sê Air Namibia het net vyf betalings van sowat €8,5 miljoen gemaak, met die laaste wat op 14 April 2020 oorbetaal is. Volgens Vrydag se skikkingsooreenkoms wat ’n bevel van die hoërhof gemaak is, moet Air Namibia die uitstaande €9,9 miljoen aan Challenge Air SA op vasgestelde tye betaal.
Die eerste betaling van €5 miljoen (N$92 miljoen) moet voor 18 Februarie geskied. Die res word tot Januarie 2022 in maandelikse paaiemente terugbetaal.
Mnr. Iipumbu Shiimi, minister van finansies, het Vrydag in ’n verklaring gesê Air Namibia was sedert sy ontstaan ’n finansiële las vir die land en die belastingbetaler moes die afgelope tien jaar N$8,4 miljard opdok om sy vliegtuie in die lug te hou.
Hy sê as gevolg van Covid-19 kan die regering nie die nasionale redery se voorgestelde nuwe sakeplan van meer as N$7 miljard bekostig nie. Volgens Shiimi het pogings in 2019 om strategiese vennootskappe met ander rederye te sluit, óf hulle te kry om in Air Namibia te belê, nie geslaag nie. Hy verwys in sy verklaring op die tamaai krisis waarin wêreldlugvaart verkeer, met talle rederye wat gelikwideer word.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.88/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.50% | Zinc US$ 2 869.10/T UP 2.23% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0061 | Platinum US$ 906.56/OZ UP +0.49%