N$650 miljoen vir salarishulp
N$650 miljoen vir salarishulp

N$650 miljoen vir salarishulp

Die ministerie van finansies, asook SSC het gister die nasionale indiensneming- en salarisbeskermingskema vir die Covid-19-inperking aangekondig.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Toerisme-, konstruksie en lugrederyebedryf sal voorts kan aansoek doen vir 17% van hul salarisrekening as ’n subsidie van die regering, terwyl meer sektore vir drie maande van bydraes tot die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) vrygeskeld kan word.

Verder kan werknemers, wat onder die belastingdrempel val en weens die Covid-19-inperking ‘n deel van hul inkomste of hul hele inkomste verloor het, ook hulp van die SSC ontvang.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, en die SSC het gister tydens ‘n mediakonferensie die nasionale indiensneming- en salarisbeskermingskema vir die Covid-19-inperking aangekondig.

Shiimi het verduidelik dit gaan om beide mense se werk en hul inkomste te beskerm.

Volgens die skema kan werkgewers wat geregistreerde lede van die SSC is, aansoek doen dat 17% van hul salarisrekening gesubsidieer word, terwyl daar ook aansoek gedoen kan word dat ‘n paar maande se SSC-bydraes nie betaal word nie.

Shiimi sê die regering, deur die ministerie van finansies, het N$400 miljoen vir die pakket bewillig, terwyl die ander N$252 miljoen van die SSC sal kom. Die skema het dus in totaal sowat N$650 miljoen tot sy beskikking.

Shiimi sê aanvanklik sal daar op die toerisme-, konstruksie en lugrederye-bedrywe gefokus word omdat dit die ergste deur die inperking geraak word.

Hy sê voorwaardes vir werkgewers om hieruit voordeel te trek, sluit in dat hulle nie hul werknemers vir minstens drie maande lank mag aflê nie en salarisse mag nie met meer as 50% verlaag word nie.

“Werknemers, van alle sektore wat onder die belastingdrempel val en hul inkomste verloor het of ‘n verminderde inkomste kry, kan ook aansoek doen om vir drie maande lank gehelp te word.

“Aan dié werknemers sal ‘n minimum van N$1 000 per maand of die helfte van hul salarisse uitbetaal word, mits hulle by SSC geregistreer is,” het Shiimi gesê.

Shiimi het verduidelik hierdie is om die armstes te help - dié wat so min verdien dat hul inkomste nie andersins belasbaar is nie.

Me. Milka Mungunda, uitvoerende hoor van die SSC, het gesê werknemers wat vir hulp wil aansoek doen moet reeds sedert 1 Februarie 2020 by die SSC geregistreer wees, moet kan bewys hulle het hul inkomste as gevolg van die Covid-19-inperking verloor en minder as N$50 000 per maand verdien.

“Die werknemers kwalifiseer dan vir 50% van hul salarisse vir drie maande tot in Junie, terwyl niemand minder as N$1 000 sal ontvang nie, al het hulle maandeliks minder as dit verdien,” het Mungunda gesê.

Wat die subsidies van salarisse betref, het sy gesê dit sal direk aan werknemers oorbetaal word en nie aan werkgewers nie.

“Die eerste betalings sal na verwagting reeds vóór 7 Mei begin, met die SSC-webwerf wat vanaf môre aanlyn sal wees vir mense om te registreer en die nodige vorms af te laai.

Mungunda het gesê ‘n vergunning van drie maande word vir nege sektore oorweeg, waar die sektore vir dié tydperk nie die maandelikse SSC-bydraes betaal nie. Die sektore is konstruksie, landbou, vervaardiging, kleinhandel, dienssektor, vervoer, toerisme- en gasvryheidsbedryf, huishulpe en mense in die vermaakbedryf.

Die nodige vorms kan vanaf die SSC-webwerf afgelaai word en, tesame met ondernemings se salarisrekening, ingedien word.

Shiimi het gesê die skema vorm deel van die hulppakket vir die ekonomie wat die regering onlangs aangekondig het om die negatiewe impak van die Covid-19-inperking te versag.

“Die president het opdrag gegee dit moet gebruik word om lewens te red, tweedens om mense se lewensbestaan te beskerm en ook om werke en besighede te red,” het hy gesê.

Shiimi sê die noodinkomste-uitbetaling van N$750, is reeds aan meer as 300 000 Namibiërs gemaak en die proses duur steeds voort. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!