N$6 000-boete vir agt parakiete
N$6 000-boete vir agt parakiete

N$6 000-boete vir agt parakiete

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ’n Windhoekse winkeleienaar moes Woensdag ’n boete van N$6 000 betaal omdat hy agt Suidwes-parakiete te koop aangebied het.

Die eienaar van die winkel, wat tweedehandse goedere verkoop, is volgens die ministerie van die omgewing en toerisme nie geregistreer om wildprodukte te verkoop nie.

Die Namibiese man is nie in hegtenis geneem ná hy die skulderkenningsboete betaal het nie.

Beamptes van die ministerie het Woensdag beslag op die agt kleurvolle parakiete in ’n voëlhok gelê. Dit volg ná ’n lid van Intelligence Support Against Poaching (Isap) die voëltjies by die winkel in die noordelike nywerheidsgebied gesien het en dit by die ministerie aangemeld het.

Volgens Isap is die onwettige handel in voëls in Namibië aan die toeneem.

“Alle wilde voëls in Namibië (met die uitsondering van drie) is beskermde spesies. As jy met wilde voëls handel dryf, is dit ook ’n oortreding soos om met renosterhoring, ivoor of ietermagô handel te dryf,” sê ’n Isap-lid.



Die voëls sou gister by die Namibia Animal Rehabilitation, Research & Education Centre (Narrec) buite die hoofstad vrygelaat word.

Suidwes-parakiete, in Engels rosy-faced lovebirds (Agapornis roseicollis), kom in suidwestelike Afrika voor.

’n Waarskuwing is aan die publiek gerig dat dit onwettig is om wilde diere sonder die nodige permitte aan te hou.

Die ministerie versoek ook die publiek om enige voorvalle waar wilde diere in hokke aangehou word, of die onwettige besit van en handel in wilde diere in die sentrale streke van die land by mnr. Penda Shimali by (061) 284 2564 aan te meld.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!