N$34 miljoen later is Erica splinternuut
Hangana Seafood op Walvisbaai het pas die opknappingswerk aan die visserboot M.F.V. Erica voltooi en sal aanstaande week vir die eerste keer met dié blinknuwe vaartuig die diepsee invaar.
Die opknappingswerk het Hangana Seafood, ’n filiaal van die Ohlthaver & List-groep, ’n volle jaar geneem om te voltooi en N$34 miljoen uit die sak gejaag.
Met dié belegging het die maatskappy hierdie visserboot se lewensduur met 20 jaar verleng, vertel mnr. Christie Sitzer, vlootbestuurder by Hangana Seafood.
Sitzer, wat liefdevol na die visserbote in die Hangana-vloot as sy “meisiekinders” verwys, sê die Erica is in 1981 in Durban gebou.
Haar opknapping het die installering van ’n nuwe 8 silinder-enjin uit België en nuwe katrolle afkomstig uit Spanje, ingesluit.
Die elektroniese- en aandrywingstelsel is ook na die nuutste in visvangtegnologie opgegradeer, sê Sitzer.
Benewens talle ander opgraderings en verbeters, is die kajuitgeriewe ook nuut en kan die bemanning na ’n skoon en veilige omgewing aan boord van die Erica uitsien.
Verskeie Namibiese maatskappye se kennis en vaardighede is ingespan, sê mnr. Herman Theron, besturende direkteur van Hangana Seafood.
Die Erica se kaptein, mnr. Francois Stevens, sê hy sien uit na die toetsvaart eerskomende Dinsdag.
Die vaartuig kan 28 bemanningslede huisves.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie