N$25 miljoen vir stropers
N$25 miljoen vir stropers

N$25 miljoen vir stropers

Die minister van die omgewing en toerisme het gister in die Nasionale Vergadering vir ingrypende verhogings van strawwe en boetes vir wildmisdadigers gevra.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die boete vir die onwettige jag van olifante en renosters gaan van die huidige N$200 000 tot N$25 miljoen verhoog word en tronkstraf van 20 tot 25 jaar.

Die boetes vir ander gespesifiseerde beskermde spesies word van N$20 000 tot N$10 miljoen verhoog en tronkstraf van vyf tot tien jaar. Die boetes vir alle beskermde spesies word van N$4 000 tot N$500 000 verhoog en tronkstraf van vier tot vyf jaar. Boetes vir die onwettige jag van alle ander spesies word van N$2 000 tot N$500 000 verhoog en tronkstraf van twee tot vyf jaar.

Dié ingrypende verhogings in boetes en strawwe is gister deur die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, in die Nasio­nale Vergadering aangekondig toe hy wysigings­ aan die Natuurbewaringsordonnansie, No. 4 van 1975, ge­motiveer het.

“Georganiseerde misdaadsindikate is betrokke by die onwettige handel van renosterhoring en olifanttande en gebruik baie ingewikkelde netwerke na buitelandse markte. As hierdie huidige vlakke van renoster- en ­olifantstropery en die handel in hul produkte nie onder beheer gebring word nie, sal daar erge negatiewe gevolge vir die oorlewing van die twee spesies wees,” het Shifeta gesê.

“Die huidige vlakke van onwettige­ handel in wildprodukte bevorder ook korrupsie, versterk onwettige handels­roetes en destabiliseer ekonomieë.”

Shifeta het statistieke verskaf, met 63 renosters wat verlede jaar gestroop is, 91 in 2015 en 61 in 2014. Dit het Namibië se renosterbevolking veral in die Etosha Nasionale Park erg beïnvloed. Wat Namibië se olifantbevolking van 22 000 betref, is 101 olifante­ verlede jaar gestroop, 49 in 2015 en 78 in 2014, met die meeste gevalle wat in die Bwabwata Nasionale Park voorgekom het en waartydens buitelandse stropers saam met Namibiërs gewerk het.

“Al hierdie verliese is ervaar ondanks massiewe hulpbronbeleggings deur ons regering en bewaringsvennote om die stropery van renosters en olifante­ te beveg. Verlede jaar is altesaam 262 gevalle verwant aan renoster- en olifantstropery aangemeld, asook die onwettige besit en uitvoer van renosterhorings en olifanttande” het Shifeta gesê.

“Op 'n positiewe noot is 222 verdagtes in hegtenis geneem. Tog is inhegtenisnemings en selfs skuldigbevindings nie genoegsame afskrikmiddel as strawwe te lig is nie,” het die minister gesê.

Die boetes waarvoor Shifeta gevra het, is soortgelyk aan strawwe in buurlande.

Die wetsontwerp poog ook om algemene strawwe volgens die Straf­proseswysigingswet van 2010 te verhoog: Eerste keer oortreders se boete van die huidige maksimum moet van N$250 tot N$6 000 verhoog word en tronkstraf van drie tot ses maande. Wat gewoontemisdadigers aanbetref, moet die huidige maksimum boete van N$500 tot N$12 000 verhoog word en tronkstraf van ses tot 12 maande. Voorts sê die minister die huidige ­natuurbewaringsordonnansie maak ook nie voorsiening vir die minister om die invoer en uitvoer van lewende wild te reguleer nie, maar slegs ­wildprodukte.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!