N$2 miljoen vir tuisbly

Kanime-skorsing opgehef

23 May 2019 | Regering
Denver Kisting – Met ’n maandelikse pakket van meer as N$180 000 het mnr. Abraham Kanime meer as N$2 miljoen sedert Maart verlede jaar ontvang.

Hy was nie vir een dag gedurende dié tydperk by die werk nie, omdat die Windhoekse stadsraad (CoW) hom as hoof van die stadspolisie geskors het.

Die raad het hom aanvanklik sonder salaris geskors, maar Kanime het dieselfde dag daarin geslaag om hulle van oortuiging te laat verander.

Hulle het hulle vroeër vanjaar aan ’n bevel van pres. Hage Geingob afgevee om vir Kanime en die uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, weer aan te stel.

Albei mans moes hulle uiteindelik tot die hof wend om die stadsraad te dwing om hul skorsing op te hef.

Kahimise is ‘n geruime tyd reeds terug in die tuig.

Kanime het onlangs ’n hofbevel bekom waarvolgens die raad tot gister gehad het om hom weer aan te stel.

Op ’n vraag oor wanneer hy vir diens sal aanmeld, het hy gistermiddag by navraag gesê: “Niemand het my al gekontak nie.”

Hy het die vorige aand kort ná die nuus oor sy heraanstelling rugbaar geword het, gesê die besluit om hom weer aan te stel, moes lankal geneem gewees het.

Dinsdagaand het Kahimise via WhatsApp laat weet: “Die raad het besluit om die skorsing op te hef en Chief Kanime sal ingelig word om binne 72 uur vir diens aan te meld.”

Die enigste agendapunt op dié vergadering was Kanime.

’n Onberispelike bron het gesê pogings om Kahimise se mag van Kanime weg te neem, het misluk.

Die raad moes glo oor ’n voorstel besin dat Kanime voortaan aan me. Agatha Ashilelo, voorsitter van die bestuurskomitee, rapporteer en nie meer aan Kahimise nie.

Dié bron het ook Kanime se besoldiging bevestig.

Kahimise en CoW se woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, het nie op vrae gereageer oor of senior superintendent Nathaniel Nendongo naas sy salaris ook ’n waarnemingstoelae ontvang het nie.

Hulle het eweneens geswyg oor of die tugstappe wat Kanime in die gesig gestaar het, laat vaar sal word.

Kanime het deurgaans gesê die bewerings teen hom is niks anders as oëverblindery nie.

Volgens hom het Kahimise lankal sy mes vir hom in.

Hy het gesê Kahimise het die betaling sélf gemagtig, waarvoor hy wat Kanime is in die sop was.

Kanime sê die “ongemagtigde besteding van openbare fondse” wat toe voor sy deur gegooi is, hou met die regsonkoste van ’n geding verband wat hy teen die kantoor van die uitvoerende hoof aanhangig gemaak het.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

2 ure gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

18 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

18 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

18 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

18 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

18 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

18 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...