N$19 miljard se paaie beplan
N$19 miljard se paaie beplan

N$19 miljard se paaie beplan

Suksesse sluit in dat gehoor gegee word aan 94% van toe­paslike vervoer- en verkeers­wette, asook die herseël van 3 141 km se teerpaaie.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Paaieowerheid (RA) beplan om binne die volgende vyf jaar N$19 miljard aan die land se paaie te bestee.

Dít volgens mnr. Conrad Lutombi, dié owerheid se uitvoerende hoof.

Hiervoor sal van die regering verwag word om N$6,5 miljard te verskaf, N$10,9 miljard sal deur padgebruikers deur middel van die Padfondsadministrasie (RFA) verskaf word, en nog N$1,6 miljard sal deur lenings en toelae bekom word.

Die RA het die afgelope vyf jaar toegang tot N$15,5 miljard se finansiering gehad, het Lutombi gesê.

In sy voorlegging van dié owerheid se nuutste strategiese plan het Lutombi gesê hulle beplan om 800 km se paaie tot bitumenstandaard op te gradeer, om nog 250 km se stofpaaie te bou, en om 279 km se paaie en nege brûe op te knap.

Die RA wil terselfdertyd ook 1 800 km se padoppervlak herseël en 6 500 km se stofpaaie weer skraap.

Die owerheid wil verseker die persentasie bitumenpaaie wat nie in 'n aanvaarbare toestand is nie bly laer as 10%, en dat nie meer as 40% van stofpaaie ongeskik vir gereelde gebruik is nie.

Lutombi wil ook verseker dat meer as 99% van swaar voertuie op ­geskikte paaie bly en dat Natis, die nasionale verkeersinligtingstelsel, se dienslewe­ring minstens 85% van kliënte tevrede stel.



GROOT PROJEKTE DUUR VOORT

Grootskaalse projekte wat voortduur, sluit in die dubbelpaaie tussen Windhoek en Okahandja, tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, en tussen Omuthiya en Ongwediva.

Daar word nog aan die pad tussen Karibib en Usakos, die pad van ­Swakopmund af na Hentiesbaai en Kamanjab, asook die dubbelpad tussen Swakopmund en Walvisbaai gewerk.

Die afgelope vyf jaar het die RA volgens Lutombi daarin geslaag om 1 103 km se paaie na bitumen­standaard op te gradeer, en 828 km se nuwe stofpaaie is geskraap.

Ongelukkig is net 40 km se teerpaaie opgeknap – veel minder as die beoogde 135 km.

Nog 'n mislukking is die verwaar­losing van 53,2 % van die land se stofpaaie, het hy erken.

Suksesse sluit in dat gehoor gegee word aan 94% van toepaslike vervoer- en verkeerswette, asook die herseël van 3 141 km se teerpaaie, wat veel meer as die beoogde 2 500 km is.

Die owerheid kon ook 2 310 km se stofpaaie oor skraap, meer as die beplande 2 250 km, het Lutombi gesê.

Die RA het die afgelope vyf jaar N$2,1 miljard deur middel van Natis ingesamel. Die hoeveelheid vragvoertuie wat by Natis se weegbrûe gestop het, het van twee miljoen af met 76 286 toegeneem, het hy gesê.

In dié tydperk het die aantal voertuie op Namibiese paaie toegeneem van 306 701 in die 2013-'14-boekjaar, tot 385 485 tans.

Voertuigbestuurders het ook toegeneem.

Vir die 2013-'14-boekjaar was daar 245 150 bestuurders, en tans maak 288 851 van die land se paaie gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!