N$1,8 miljard nodig vir Etosha-heining
N$1,8 miljard nodig vir Etosha-heining

N$1,8 miljard nodig vir Etosha-heining

Volgens Namibia Wildlife Resorts is hulle nie verantwoordelik vir die instandhouding van openbare toilette, heinings en paaie in nasionale parke nie.
Ellanie Smit
Ellanie Smit - Die heining om die Etosha Nasionale Park sal sowat N$1,8 miljard kos om te voltooi.

Dít volgens 'n verslag van die parlementêre portefeuljekomitee belas met natuurlike hulpbronne, wat Namibië se vlagskippark van 27 Mei tot 1 Junie besoek het.

Namibia Wildlife Resorts (NWR) het Dinsdag voor dié komitee verskyn om onder meer die probleme te bespreek wat die onvoltooide en beskadigde heining veroorsaak het.

Volgens die komitee se verslag is N$176 miljoen sedert die 2012-'13-boekjaar vir die voltooiing van die heining begroot.

Met slegs N$12 miljoen in die 2017-'18-begroting het die komitee aangedui die begrotingstoekenning is onvoldoende.

Volgens die verslag het noordelike gemeenskappe nader aan Etosha beweeg, wat kommerwekkend is gegewe die heining se toestand.

Volgens die komitee kan dít lei tot verhoogde mens-dier-konflik, stropery, betreding en wild wat uit die park ontsnap en die heining verder beskadig.

Gemeenskappe wat naby die park bly, sien nie na hul vee om nie en die vee beweeg dan in die park in, het die komitee gesê.

Hoewel 118 km van die heining volgens die verslag reeds opgegradeer is, moet sekere dele weens ’n gebrek aan instandhouding wéér aangepak word.

Volgens die verslag is daar 'n gebrek aan fondse en mannekrag om die heining te onderhou. Sowat 30 personeellede is vir die heining van 842 km verantwoordelik.

Die gebrek aan 'n toegewyde instandhoudingspan vir die heining is ook van groot kommer.

Die komitee sê die ministerie van die omgewing en toerisme het die heining ondersoek en vier gedeeltes geïdentifseer wat voltooi moet word.

Seksie A (200 km) sal sowat N$519 miljoen kos om op te knap; seksie B (190 km) N$480 miljoen, seksie C (192 km) N$510 miljoen en seksie D (130 km) sowat N$344 miljoen.

In totaal is meer as 'n beraamde N$1,8 miljard nodig om die heining te voltooi.

Me. Zelna Hengari, NWR se besturende direkteur, het gesê dit is nie die maatskappy se verantwoordelikheid om die heining in stand te hou nie.

Die ministerie is verantwoordelik vir die instandhouding van openbare toilette, heinings en paaie in nasionale parke.

Gegewe die regering se finansiële posisie, het NWR die verantwoordelikheid van die instandhouding van openbare toilette oorgeneem, het Hengari gesê.

“Voor onafhanklikwording was daar 'n elektriese heining en nou sien ons hoe dié heining verwaarloos word. Die drade is altyd onderhou. Ons sal van die ministerie eis om 'n elektriese heining te installeer.

“Dit maak nie saak hoe hulle die fondse kry nie. Hulle is verantwoordelik vir die heining en moet sorg dat mense se lewens nie in gevaar gestel word nie,” het 'n komiteelid gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!