N$17 miljoen vir Hepatitis E-uitbreking
Die Windhoekse munisipaliteit het N$17 miljoen bewillig om die Hepatitis E-uitbreking in die hoofstad te takel. Volgens die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua sal die geld gebruik word vir die voorsiening van bykomende toilette, asook die herstel van bestaande ablusiegeriewe in die geraakte informele nedersettings. Ook sal elektriese kontrakteurs in Februarie deur die munisipaliteit aangestel word om elektrisiteitsdienste in die Havana- en Babylon-informele nedersettings te verskaf.
Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twee mense sedert die aanvang van die uitbreking in Oktober verlede jaar gesterf. ’n Verdere 488 gevalle is sedertdien aangemeld. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie