N$150 miljoen vir landskapbestuur

Biodiversiteit beskerm

09 August 2019 | Ministeries
Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken, waarvolgens N$150 miljoen vir landskapbestuur bewillig word.

Die ooreenkoms staan bekend as die Project Document for the Namibia Integrated Landscape Approach for Enhancing Livelihoods and Environmental Governance to Eradicate Poverty Project, ofte wel die Nilaleg-projek.

Volgens die uitvoerende direkteur en omgewingskommissaris van die omgewing en toerisme, mnr. Teo Nghitila, sal die vyf jaar lange projek in September vanjaar afskop en tot 2023 duur.

Dit het ten doel om armoedeverligting vir die meer as 20 000 inwoners van die Kavango-Oos-, Zambezi-, Kunene- en Omusatistreek mee te bring.

Die projek word deur die Global Environment Facility (GEF) met die ondersteuning van die UNDP befonds.

Dit word deur die ministerie in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF), die ministeries van landbou, water en bosbou, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, en stedelike en landelike ontwikkeling se direktoraat van landelike ontwikkeling geïmplementeer.

Volgens die UNDP se inwonende verteenwoordiger, me. Alka Bhatia, is die projek ontwerp om ’n benadering van landskapbestuur te bevorder wat landbou- en woudlandskappe integreer, armoede deur natuurgebaseerde volhoubaarheid verlig, woude te beskerm en te herstel en die agteruitgang van grond te voorkom.

“Inkomste sal gelewer word op ’n manier wat bewaring en die volhoubare gebruik van biodiversiteit bevorder, asook wat volhoubare grond- en woudbestuur en die impak van klimaatsverandering verminder,” het Bhatia gesê.

“Dringende stappe moet gedoen word om die agteruitgang van natuurlike habitatte te verminder. Die verlies van biodiversteit moet gehalveer word en die uitwissing van bedreigde spesies moet voorkom word,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig....

Bykans N$1 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het tussen 1 en 31 Julie dwelms ter waarde van altesaam N$958 390 gekonfiskeer en 97 verdagtes in hegtenis geneem. Daar is...

Mariental se skaapabattoir sluit deure

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.Die Hartlief-groep se...

Vandag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir gister, soos vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.

Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel. Volgens die polisie het...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Covid-sterftes styg tot 15

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDrie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op...

Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

2 dae gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie,...