N$140 m. vir klimaatsimpak in Kunene

CO2-vlak hoogste in 3 m. jaar

11 December 2018 | Omgewing
Francoise Steynberg - Namibië se Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) het N$140 miljoen van die Groen Klimaatsfonds (GCF) ontvang om klimaatsverandering in die Kunenestreek te takel.

EIF se uitvoerende hoof, mnr. Benedict Libanda, het die ooreenkoms by die 24ste Konferensie van Partye van die Verenigde Nasies (VN) se Klimaatsberaad (COP24) in Katowice, Pole, onderteken.

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, en die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Christine Hoebes, was ook tydens die ondertekening van die ooreenkoms teenwoordig.

Kuugongelwa-Amadhila het Namibië se toewyding aan die wêreld en die streek se klimaatsveranderingsdoelwitte bevestig.

Sy het gesê die Kunenestreek is een van die droogste gebiede in Afrika suid van die Sahara waar gemeenskappe die impak van klimaatsverandering die ergste ervaar.

"Hierdie vyfjaarprojek sal die kleinboere in die Kunenestreek ondersteun om vroeë waarskuwingstelsels te ontwikkel en gereelde droogterisiko's te verminder," het die eerste minister gesê.

Mnr. Andreas Biermann, adjunkdirekteur van die GCF, het die EIF vir hul uitstaande leierskap in Afrika en vir die ontwerp en implementering van klimaat-aksieprojekte geloof.

Dit is die derde projek van die EIF wat deur die GCF goedgekeur is.

"Die EIF is een van die klimaatsveranderingsagentskappe wat die beste in die wêreld bestuur word. Dit word bewys deur hul doeltreffendheid in die finansiering van klimaatsverandering," het hy gesê.

"Die kabinet het, ter ondersteuning van die bepalings van ons Grondwet wat volhoubare ontwikkeling bevorder, besluit om 30% van alle omgewingsbelasting, wat van moontlike besoedelende produkte ingesamel word, aan die EIF toe te ken, om projekte en programme vir klimaatsverandering te finansier," het Kuugongelwa-Amadhila gesê.

“Ons is in die moeilikheid. Ons is diep in die moeilikheid met klimaatsverandering,” het mnr. António Guterres, die VN se sekretaris-generaal, by die amptelike opening van COP24 gesê.

"Die hoeveelheid koolstofdioksied in die atmosfeer is die hoogste in drie miljoen jaar en die konsentrasie kweekhuisgasse neem toe."

Volgens die Wêreld- Meteorologiese Organisasie (WMO) se onlangse verklaring is die 20 warmste jare wat al aangeteken is in die afgelope 22 jaar.

Die afgelope vier jaar was die warmste sedert 1996.

Soortgelyk

 

Franse vrou sterf toe safari-voertuig in Etosha omslaan

5 ure gelede | Ongelukke

'n 51-jarige vrou van Frankryk is Vrydag dood toe die voertuig waarin sy saam met vyf ander toeriste op safari was, naby Namutoni in die...

Polisiekantoor op Rundu sonder brandstof

5 ure gelede | Ministeries

Die polisiekantoor op Rundu sukkel die afgelope paar weke om sy voertuie met brandstof te vul. Volgens die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder vir Kavango-Oos, komm....

Mynwerkersunie mors Geingob se tyd

16 ure gelede | Regering

Leiers van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het vanoggend hul geskeduleerde vergadering met president Hage Geingob misgeloop omdat hulle laat was. Met die visepresident, die...

Otjomuise-huise staan leeg

16 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Die nuutgeboude wooneenhede in Otjomuise uitbreiding 10 kan nie bewoon word nie omdat dit nog nie aan munisipale dienste soos die elektrisiteit-,...

Meatco tref voorsorg vir Brexit

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het voorsorg getref om sy kliënte in die Britse mark ná 29 Maart te bedien, sou Brittanje se uittrede uit die...

Rooies-sage stoom voort

16 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting Pogings om die voortvlugtende oudlanddros mnr. Rooies Mostert terug in Namibië te kry, is weer op dreef.Dít kom nadat die Suid-Afrikaanse owerhede gevra...

Weer vir 18 Maart

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die suidelike gedeeltes. Ligte reën kan oor die sentrale gedeeltes voorkom.KUS: Gedeeltelik...

Nuwe tydelike baas vir Air Nam

16 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer Die nasionale redery het aangekondig mnr. Xavier Masule is aangestel om tydelik as uitvoerende hoof van Air Namibia waar te neem totdat dié...

Die finaliste vir Skoner Dorp van die Jaar is...

16 ure gelede | Gebeure

Ondangwa, Oranjemund, Swakopmund en Walvisbaai is aangewys as die finaliste uit 21 dorpe wat vanjaar vir die Skoner Dorp van die Jaar-kompetisie ingeskryf het. Die...