N$13 miljoen aan N-Korea vir gastehuis
Ronelle Rademeyer - Mansudae Overseas Projects (MOP) Group of Companies het ’n kontrak met die ministerie van verdediging gesluit vir opknappingswerk en aanbouings aan ’n gastehuis wat dié ministerie in Jasperstraat, Academia, besit.
Die werk het die ministerie nagenoeg N$13 miljoen gekos.
Mansudae is in Namibië geregistreer as M.O.P. Architectural & Technical Services (Namibia).
Volgens die kontrak sou die bouwerk op 22 Junie verlede jaar begin het en teen 22 Februarie 2017 voltooi wees.
Dit beteken die bouwerk het begin dieselfde maand wat die Namibiese regering aangekondig het dat hy in pas met Resolusie 2270 van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad besluit het om die dienste van Mansudae en die Noord-Koreaanse kernwapenvervaardiger, Komid, te beëindig.
Namibië het ook onderneem om nie meer Noord-Koreaanse burgers in enige van sy bestaande of toekomstige bouprojekte te gebruik nie.
Dié inligting is vervat in die verslag deur die paneel van kundiges wat die handhawing van die Veiligheidsraad-resolusies (2270 en 2321 van 2016) teen Noord-Korea se kernwapenprogram monitor. Die verslag is op 27 Februarie vanjaar aan die Veiligheidsraad voorgelê.
Mnr. Chung Hyok Choe, ’n bestuurder van die Namibiese tak van Mansudae, het sy selfoon gister geantwoord toe Republikein hom op sy Namibiese nommer bel. Op ’n vraag of hy nog in die land is, het hy geantwoord: “Ja, ek is steeds in die land.” Hy het egter volgehou hy werk nie meer vir Munsudae nie en dat die Noord-Koreane in diens van dié maatskappy “almal weg is”.
Die oproep is daarna beëindig en hy het nie geantwoord toe Republikein hom weer probeer bel het nie.
Dit blyk uit ’n dokument wat deel uitmaak van die paneel se verslag dat die korttermynversekeraar, Old Mutal Short Term Insurance Company (OMSIC), deur Mansudae genader is vir ’n kwotasie om versekeringsdekking vir die bouprojek in Academia te verskaf. Dit is uitgeneem as voorsorg teen die konstruksierisiko’s en moontlike openbare aanspreeklikheidseise. Die kwotasie, nommer 648524440, is op 5 Julie 2016 aan Mansudae uitgereik.
Die paneel spreek in die verslag sy kommer uit oor die toename in verbode kernwapenaktiwiteite deur Noord-Korea die afgelope jaar en die groot aantal kern- en ballistiese missieltoetse wat uitgevoer is.
Ofskoon resolusies 2270 en 2321 sanksies teen Noord-Korea aansienlik versterk en ’n groter verantwoordelikheid op lidlande geplaas het om dit toe te pas, “wys die ondersoek die implementering daarvan is onvoldoende en hoogs teenstrydig”, sê die paneel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie