N$1,2 miljoen se topgenetika vir ministerie
N$1,2 miljoen se topgenetika vir ministerie

N$1,2 miljoen se topgenetika vir ministerie

Semen afkomstig vanaf die beste Bonsmara-bulle in die land is aan die ministerie van landbou, water en bosbou geskenk.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann het verlede week 4 000 strooitjies wat die gevriesde semen van 31 topbulle uit sy bekende Hartebeestloop-stoet bevat, aan die ministerie van landbou, water en bosbou geskenk.

Die waarde van dié skenking is N$1,2 miljoen.

Mnr. Percy Misika, permanente sekretaris in dié ministerie, het tydens die geleentheid gesê Namibië het 'n gesonde grondslag vir lewendehaweproduksie danksy die toewyding van telers en produsente in die land.

Hy sê Namibië is een van net 'n paar Afrikalande wat steeds 'n wye ver­skeidenheid van bees- en skaaprasse het en gevolglik ook oor 'n groot genepoel beskik.

“Namibië moet voortbou op die bewaring van hierdie genepoel – nie net vir gebruik nou nie nie, maar ook om in die toekoms die negatiewe impak van klimaatsverandering teen te werk,” het Misika gesê.

Die Bonsmara kan maklik by ­kommunale sowel as kommersiële boerderystelsels aanpas vanweë onder meer die ras se hoë vrugbaarheid, sê hy.

Misika het Briedenhann vir sy volgehoue toewyding in die bevordering van die ras geloof en gesê die skenking sal aangewend word om die gehalte van die ­nasionale kudde te verbeter en die ­volhoubare ontwikkeling van die vleisbedryf in die land te verseker.

Dit sal deur middel van kunsmatige inseminasie toegedien word. “Dit is 'n duur en delikate proses en vereis goeie infrastruktuur, goeie kuddebestuur en deeglike administrasie van die vroulike diere in 'n kudde. Teen hierdie agtergrond sal die ministerie toesien dat die semen nie verlore gaan nie.”

Briedenhann het op sy beurt gesê een ding wat hy opgemerk het in sy uitgebreide samewerking met boere in die land, is die negatiewe impak van konstante inteling en die gebruik van swak ­genetiese materiaal.

Hy het in dié verband verwys na die gebruik van bulle wat nie aan prestasietoetsing onderwerp is nie en wat dan gebruik word om met sy nageslag te teel. Dit beïnvloed ekonomies belangrike eien­skappe soos ­speengewigte, kalwers se groei ná spening en vrugbaarheid en ly tot 'n groot verlies aan inkomste vir produsente, sê hy.

“Die semen is ­afkomstig van topbulle uit 'n prysklas van tussen N$100 000 en N$800 000. Dit sluit bulle in wat 'n groot invloed op die Bonsmara-ras wêreldwyd gehad het. Dit is nie net semen nie, maar getoetse en beproefde genetiese materiaal van uitstekende behalte,” het Briedenhann gesê.

Dit word boonop vergesel van aanbevelings oor die tipe produksie­stelsels waar dit die beste aangewend kan word tot voordeel van die produsente, soos byvoorbeeld vir speenkalfproduksie, slagos­produksie of om vervangingsverse mee te teel.

Die jaarlikse veiling van Bonsmara-bulle vind Vrydag op Hartebeestloop buite Stampriet plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.52/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.42/lb UP +2.35% | Zinc US$ 2 822.90/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP UP +0.18% | Platinum US$ 943.93/OZ UP +0.42%