N$100 000-borgtog vir Maletzky

Vermeende swendelaars ure in hof

02 March 2018 | Howe
Denver Kisting – Die Windhoekse landdroshof het gistermiddag borgtog van N$100 000 aan die beleërde lekelitigant, mnr. August Maletzky (49), toegestaan.

Maletzky se medebeskuldigde, die prokureur mnr. Titus Mbaeva (62) moet borgtog van N$40 000 opdok terwyl Maletzky se kantoorassisent, mnr. Simon Edward Afrikaner, N$20 000 moet betaal.

Al drie die mans staar saam een korrupsieklag – die korrupte gebruik van ‘n vervalste dokument deur ‘n agent – in die gesig, omdat hulle glo tussen Julie 2017 en Februarie 2018 verkeerdelik, onregmatig en bewustelik ‘n vervalste volmag oënskynlik van mnr. Samuel Dias, gebruik het.

Vir dié ootreding alleen, lui ‘n uiteensetting van die klagtes, maak die teenkorrupsiewet voorsiening vir ‘n boete van tot N$500 000 of 25 jaar tronkstraf of albei.

Daarnaas moet die mans ook teregstaan op ‘n tweede korrupsieklag – pogings of sameswerings om misdade te pleeg. Wat dié klag betref, het die drie mans glo tydens dieselfde tydperk probeer om die eerste beweerde oortreding en die derde een te pleeg, met iemand anders saamgesweer om hierdie misdade te pleeg of iemand aangehits om dit te doen.

Maletzky word op sy eie ook van die derde klag van bedrog beskuldig omdat hy na bewering aan Dias, ‘n 80-jarige Angolese burger, voorgegee het hy wil Dias se eiendom huur en in plaas daarvan het Maletzky die drieslaapkamerhuis in Windhoek-Wes vir N$2,5 miljoen aan mnr. Edward Nghitumbwa verkoop. Die staat voer aan Maletzky was deeglik daarvan bewus hy is nie die regmatige eienaar nie.

Die drie mans het gister in ‘n stampvol hofsaal D voor landdros Alweendo Venatius verskyn.

Me. Raisa Shafudah het namens die staat verskyn. Maletzky en Afrikaner is deur mnr. Slysken Makando verteenwoordig terwyl mnr. Orben Sibeya vir Mbaeva verteenwoordig het.

Sibeya het gesê Mbaeva kan net bekostig om N$15 000 te betaal en behoort met die hulp van familie nog N$5 000 bymekaar te maak en so N$20 000 betaal.

Die landdros het egter nie die vermindering van borgtog toegestaan nie.

Hy het die saak tot Vrydag 18 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Volgens die klagstaat woon Maletzky tans in Eros, terwyl Mbaeva in Rocky Crest woon en Afrikaner se woonadres in Okuryangava is.

Die landdros het ook gelas die beskuldigdes moet al hul reisdokumente indien en nie om nuwes aansoek doen terwyl die saak hangend is nie.

Hulle mag ook nie die land of die hoofstad sonder die medewete en verlof van die ondersoekbeampte verlaat nie.

Hiernaas moet hulle nie met staatsgetuies of potensiële staatsgetuies inmeng nie. Die landdros het die staat opdrag gegee om ‘n lys van getuies aan die verdediging te openbaar.

Makando en Sibeya het albei beklemtoon hulle gaan ‘n aansoek bring om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) voor stok te probeer kry omdat die ACC glo nie die reg gehad het om hul kliënte aan te keer en aan te kla nie.

Republikein het sowat twee weke gelede die beweerde swendelary van N$2,5 miljoen onthul.

Afrikaner is Maandagaand in hegtenis geneem terwyl Maletzky en Mbaeva Dinsdag aangekeer is.

Maletzky het tydens ‘n uitgebreide onderhoud met die koerant beweer hy het volmag van Dias gehad om die eiendom van die hand te sit.

Mbaeva, wat nie toe kommentaar wou lewer nie, het glo dié beweerde vervalste volmag opgestel.

Soortgelyk

 

Lira op Warehouse-verhoog

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die bekende Suid-Afrikaanse sangsensasie, model, aktivis, entrepreneur en skrywer Lira tree eerskomende Woensdagaand 14 Maart om 20:00 by die Warehouse-teater op. Lira het veral vir...

Ses sterf in grubotsing

19 ure gelede | Ongelukke

Ses mense is in ’n kop-teen-kop-botsing vanoggend tussen Okahandja en Windhoek dood. Een van die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan. Na...

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

19 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

19 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

19 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

19 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

19 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

19 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...