u2019n Tweede tuiste
u2019n Tweede tuiste

’n Tweede tuiste

Tanja Bause
Tanja Bause – “My ma het daar gestaan terwyl ons weggeneem is. Terwyl ons wegry . . . dit het gevoel asof ons alles verloor. Dit het gevoel asof die wêreld vergaan,” sê me. Blance Farmer.

Sy was 12 jaar oud toe sy en haar jonger suster, Heidi, deur maatskaplike werkers van hul familie weggeneem is en in ’n kinderhuis op Rehoboth geplaas is. In 2002 is die sussies saam met ’n groep ander kinders na die Christ’s Hope International-kinderhuis op Keetmanshoop oorgeplaas.

“Dit was moeilik vir ons gewees. Jy het gevoel jy is alleen in die wêreld. Maar as ek nou terugkyk, was dit die beste ding wat met my kon gebeur het. Ek was bevoorreg dat ek uit die situasie waarin ek was, verwyder is en in ’n kinderhuis gaan woon het. Ek sien vandag kinders in dieselfde situasie, wat op straat is, wat aan dwelms verslaaf is. Ek het ’n tweede kans gekry.”

Volgens haar was die kinderhuis soos ’n tweede huis vir hulle. “Die mense was lief vir ons en het vir ons omgegee. Hulle harte was groot en in die regte plek.”

Sy sê sy en Heidi het dit makliker as ander kinders gehad het omdat hulle saam na die kinderhuis geneem is.

“Ander kinders was alleen en dit het ’n tyd geneem voordat ons bande gesmee het en mekaar as boeties en sussies gesien het. Maar tot vandag toe is ons familie en ons sal altyd familie wees.”

Die Christ’s Hope International-kinderhuis is in 2013 in ’n versorgingspunt verander.

“Ons werk nou saam met die ouers en die kinders woon by die ouers of by familielede,” vertel me. Heidi Naries, wat op 10-jarige ouderdom in die kinderhuis gaan woon het.

Die kinders kom ná skool na die sentrum vir middagete. Dan word hulle met huiswerk gehelp en neem deel aan aktiwiteite soos sport, kuns en lewensvaardighede. Om 17:00 gaan hulle huis toe.

“Ons doen drie keer per termyn huisbesoek by al ons kinders. Ons doen ook skoolbesoeke om seker te maak dit gaan goed met die kinders en daar nie probleme is nie. Die kinders word ook twee keer per jaar vir mediese ondersoeke gestuur,” sê Naries.

Daar is tans 85 kinders by die sentrum in Keetmanshoop. Daar is ook soorgelyke sentra op Okahandja, Rehoboth en Oshikuku.

Christ’s Hope International is in 2003 in Namibië gestig in reaksie op die verwoestende effekte van MIV/vigs en die toenemende aantal mense wat die siekte onder lede het. Kinders is op hul eie gelaat nadat die ouers dood is. Die organisasie werk tans in sewe lande in Afrika.

“’n Versorgingspunt is ’n veilige plek waar kinders sorg en liefde kry in ’n Christus-gerigte, koesterende omgewing. Ons fokus is om die kinders te ondersteun dat hulle by families of in pleegsorg bly eerder as wat hulle in kinderhuise woon.

“Hier word kinders geleer om verantwoordelik te wees. Hulle het ’n keuse oor dit wat hulle rondom hulle sien, dit wat hulle leer en dit wat hulle wil hê. Ons kan hulle nie teen alles beskerm nie maar ons kan hulle die gereedskap gee om goeie besluite te neem,” sê Naries.

“Ons het in die kinderhuis van die Here geleer en dit is nie iets wat jy vandag sommer by ’n kinderhuis leer nie. Ons het waardes geleer. Ons het mense gehad wat mooi na ons gekyk het.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!