'n Terugflits
PIETROSSIE SKRYF:
Êrens in 1978/79 of so.
Die eerste skoolsirene vanoggend het al klaar geskel.
Jy, leerling, karwei jouself en jou slim word tas na jou aangewese lokaal.
Ou Smous (Venter) staan reg by die deur. Kopknik laat die dogters in – gevolg deur die seuns - almal seniors (matrieks).
Groet, dan bid, sit en uitpak is 'n kortetjie.
Vinnige kyk bevestig dat twee leerders kort, maar die deur is reeds gesluit.
“Klop-klop!” Rekeningkunde huiswerkboeke word outomaties by vandag se huiswerk oopgemaak. Rondkyk en “fiddle” tussen skryfsels toon duidelik wie nie hul huiswerk gedoen het nie. (Hul boeke moet ingehandig word aan die einde van die periode).
Rooi penne ontoelaatbaar vir leerders. Groen/blou/swart sal doen.
Smous trap rats tussen banke en oë blits oor elkeen se merkery. Nog twee name beland in sy swart notaboekie.
Daar's nog tyd vir 'n kort lesaanbieding wat gisteraand reeds skriftelik voorberei was. Notas op afrolpapier deur leerlinge vanaf die skryfbord sal hulle vanmiddag tydens huiswerk help.
Die vier kansvatters knyp benoud en gee telefoonnommers van ouers op stukkies papier in.
Tien leerlinge moet ook skryfboeke inhandig vir Smous se inspeksie. Hulle sal hul huiswerk op afrolpapier klaarmaak.
Die alarm skel weereens. . .
“Totsiens, sien julle môre.”
(Onderwys was toe nog 'n beroep.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie