'n Termyn vol prestasies vir Etosha
Xamira Hangara en Innocent Paliso, Sekondêre Skool Etosha, Tsumeb
Vir die Sekondêre Skool Etosha, Tsumeb se trots, was alle grappies die afgelope termyn op ’n stokkie en daar is hard gewerk.
Die hoërskool het onlangs hul jaarlikse akademiese prysuitdeling gehou. Passie, deursettingsvermoë, dissipline, harde werk en tyd is bekend as Etosha se bestanddele vir sukses.
“Goeie prestasie is die gevolg van gehoorsaamheid,” het Etosha se personeel en skoolraad bevestig.
Hoewel elke skooldag nie maklik was nie, is daar deurgedruk.
Ná die skoolhoof, mnr. A.T Kaishungu, se hartlike opening van die prysuitdeling het die beste presteerders in elke graad erkenning ontvang. Hulle was Kambowe Terefina (graad 8), Amuthenu Ester (graad 9), Amunyela Godlieb (graad 10) en Augustinus Niitembu (graad 11). Hierna het die skoolkoor die gehoor in vervoering gehad.
Die Sekondêre Skool Etosha het ook hul talentspiere gebult by die plaaslike hokkie- en rugbyproewe sowel as op die atletiekveld.
Die rugbyproewe het op 31 Maart en die hokkieproewe op 1 April, albei by die Sekondêre Skool Grootfontein se sport- en atletiekgronde plaasgevind.
Nuaco Anderson, Hope-Do Angula en Charlton Somseb is deur ambisie en volharding vandag deel van die Noorde se o.15-rugbyspan.
“Dit was nie maklik nie,” sê Hope-Do.
“Die kompetisie was taai, maar nie genoeg om ons te laat tou opgooi nie,” het Nuanco gesê.
Aan die ander kant het die hokkieseuns, Hadley Mumbuu, Moses Asheelo, Setson Ikanda, Shaquile Emamdien, en hul “goeie feë” en afrigter, me. M Te Water die baan met ’n glimlag verlaat.
Me. M Verrall, ma, dosent en afrigter van die hokkiebokkies, het ook nie die dorpie sonder trots verlaat nie.
As gevolg van lang ure, liters sweet en volgehoue harde werk het Ashneen Emamdien, Amanda Chen, Senia Hamalwa (o.18) en Xamira Hangara (o.16) dit ook tot in die Noorde se hokkiespanne gemaak.
Akademie, atletiek en sport is nie genoeg vir die Etosha-familie nie, daar is boonop vier leerlinge wat op 22 April aan die ATKV-idiomestryd in Windhoek gaan deelneem.
Seniors wat deelneem is vanjaar Denise Nembia (hoofdogter) en Dionisia Perez. Juniors wat deelneem is Xamira Hangara en Innocent Paliso.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie