‘n Plek waar jy die stilte kan hoor

15 April 2019 | Byvoegsels
Die geharde kampeerders Oliver en Conny Kayser het 'n plek in die hartjie van die majestueuse Erongo-bergreeks op Conny se ouers se plaas Eileen naby Omaruru geïdentifiseer en besluit om 'n uitsonderlike kamp daar te bou.

Omaruru word beskou as die poort na Damaraland, waar jy die beroemde woestynolifante en antieke Himbastamme in die Kaokoveld vind.

Dit is ook binne gemaklike reisafstand van Swakopmund, Hentiesbaai, Twyfelfontein, Etosha en selfs die hoofstad, Windhoek.

Die Erongo Plateau-kamp is klein, afgesonder, troeteldiervriendelik en die perfekte plek om te ontspan. Besoeke streel die siel.

Baie moeite is gedoen om te verseker individuele kampeerplekke beskik oor genoeg privaatheid.

Daar is slegs vier kampeerplekke op die terrein. Gaste word dus aangeraai om vooraf te bespreek, veral vir lang naweke en skoolvakansies.

Oliver en Conny is passievol oor die natuur en het derhalwe die kamp so aangepas dat dit op ’n ekovriendelike wyse bestuur kan word.

"Daar is doelbewus geen swembad nie, want ons woon in 'n droë land waar waterbesparing van die allergrootste belang is. Die water wat ons benut, word 'n paar kilometer van die kamp gepomp. Ons het geen elektrisiteit en ook nie ‘n winkel nie. Gaste moet dus hul eie kampeertoerusting en kos bring. Kuideniersware kan in Omaruru, sowat 35 km van die kampterrein af, verkry word."

Die waterpunt is geleë aan die onderkant van die kampeerplekke en kan sommer vanuit die gerief van 'n kampeerstoel met ‘n verkyker verken word.

Die gebied is bekend vir sy bergsebras. Daar is ook gemsbokke, koedoes, steenbokke en Damara dik-dikke te siene. Snags kan kampeerders luister na die geluide van hiënas, jakkalse en luiperds of selfs die geroep van uile.

Die skoon, troeteldiervriendelike kampeerterrein is toegerus met storte (warm en koue water), toilette, braaiplekke en genoeg skuduwee.

Elke kampeerterrein het ook sy eie watervoorsiening.

Hout mag nie in die omgewing gekap word nie, maar kan by die kampterrein verkry word.

Diegene wat verkies om nie te loop nie, kan verkenningstogte per voertuig geniet en vir die meer avontuurlustiges is daar staproetes in die berg.

Tariewe beloop N$150 per volwassene per nag, en kinders tussen die ouderdomme 6 en 11 betaal N$100. Kinders jonger as 6 jaar bly gratis.

Soortgelyk

 

‘Bewyse gemanipuleer’

12 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – “Ek was sprakeloos en weet nie wie my toneel gemanipuleer het nie,” het die senior ondersoekbeampte me. Paula Havenga gister in die...

Walters reageer op Venaani-aanval

12 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die ombudsman, adv. John Walters het gister by navraag ontken hy en sy kantoor is gekaap. “Dit is nie so nie. Ons...

Katrina vervang

12 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Amb. Martin Andjaba is gister as die waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur aangewys.Hy is ook die minister van presidensiële aangeleenthede.Dr....

Weer vir 11 Julie

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins mooi weer en warm maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: L:...

Geliefde oudonderwyser word 99

12 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - ’n Geliefde oudonderwyser van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, het op 7 Julie 99 jaar oud geword. Neethling het van...

Boskrag vir Namibië, buurlande

12 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Deur slegs 1% van Namibië se huidige indringerbos te gebruik, kan tot 900 Megawatt (MW) hernubare elektrisiteit opgewek word. Dit is genoeg...

Jongmense sonder die nodige vaardighede

12 ure gelede | Onderwys

Henriette LamprechtJongmense in Namibië bly ­afhanklik van ander tot die gemiddelde ouder­dom van 27 wanneer hulle eers begin om 'n salaris te verdien en meer...

Lichtenstrasser ‘tot enigiets in staat’

12 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Dit is buite die kwessie.Só het die ondersoekbeampte insp. Reinhardt Maletzky oor die moontlikheid van mnr. Ernst Lichtenstrasser se vrylating op borgtog...

Glimbande vir vee langs paaie

12 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - ‘n Entrepreneur glo hy het ‘n oplossing gevind vir vee wat op nasionale paaie rondloop en ongelukke veroorsaak.Dit kan veral van waarde...