‘n Oorsig: Die jaar wat was

2016: ‘n Jaar wat goed opgesom word deur die openingsparagraaf uit Charles Dickens se A Tale of Two Cities. “It was the best of times, it was the worst of times, it was the age of wisdom, it was the age of foolishness, it was the epoch of belief, it...
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Met die eerste oogopslag staan die verrassende en skokkende uitslag van die Britse referendum uit, waar kiesers moes stem of Brittanje ‘n lid van die Europese Unie bly al dan nie (in die volksmond bekend as Brexit). Dit het gelei tot ‘n besluit dat Brittanje nie langer ‘n lid van die EU sal wees nie. Eweneens skokkend was die verkiesing van die omstrede Republikeinse kandidaat, Donald Trump, wat teen die voormalige Amerikaanse presidentsvrou asook minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, te staan gekom het en gewen het. Die skokkende tonele uit die Siriese stad Aleppo en die rou werklikheid van mense en veral kinders se lyding, is in die mensdom se kollektiewe geheue gegraveer. Maar die jaar het soveel stories van menslike tragedie en ook hoop opgelewer dat ons vandag ‘n kykie na sommige van die nuusberigte gee wat in 2016 opslae gemaak het.

JANUARIE

8 Januarie: Joaquín Guzmán, waarskynlik die wêreld se magtigste dwelmhandelaar, word weer in hegtenis geneem nadat hy vroeër uit ‘n maksimum veiligheidsgevangenis in Mexiko ontsnap het.

10 Januarie: David Bowie, die Engelse sanger, komponis en akteur sterf. Hy is in 1947 gebore.

28 Januarie: Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) kondig ‘n uitbreking van die Zika-virus aan.

FEBRUARIE

7 Februarie: Noord-Korea vuur ‘n langafstandvuurpyl af en skend sodoende veelvuldige VN-handveste en lok veroordeling van oral in die wêreld uit.

16 Februarie: Boutros Boutros-Ghali, Egiptiese politikus en diplomaat en voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies sterf. Hy is in 1922 gebore.

19 Februarie: Die Italiaanse skrywer en filosoof, Umberto Eco (gebore in 1932) en die Amerikaanse skrywer, Harper Lee, gebore in 1926, sterf.

MAART

6 Maart: Nancy Reagan, voormalige presidentsvrou van Amerika, sterf. Sy is in 1921 gebore.

21 Maart: Op die dag wat Namibië 26 jaar van onafhanklikheid herdenk, vind die Internasionale Geregshof (ICC) die voormalige Kongolese visepresident, Jean-Pierre Bemba, skuldig aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Vir die eerste keer bevind die ICC iemand skuldig aan seksuele geweldpleging.

22 Maart: Drie gekoördineerde bomontploffings in Brussel, België eis die lewens van 32 mense en beseer minstens 250. Die Islamitiese Staat-groep (IS), wat in ‘n fundamentalistiese militante oorlog in Irak en Sirië teen Westerse en gematigde waardes veg, aanvaar verantwoordelikheid vir die aanvalle.

24 Maart: Die oud-Bosniese Serwiese leier, Radovan Karadžic, word tot 40 jaar gevangenisstraf gevonnis vir volksmoord en misdade teen die mensdom tydens die Bosniese oorlog.

27 Maart: ‘n Selfmoordbomaanval in Gulshan-e-Iqbal Park, Lahore eis die lewens van 75 mense en beseer ongeveer 340 met ‘n militante Soenni Islamitiese organisasie wat verantwoordelikheid aanvaar dat hulle Christene tydens die Paastyd geteiken het.

31 Maart: Hans-Dietrich Genscher, voormalige Duitse kanselier, wat grootliks by die onderhandelinge vir Namibiese onafhanklikwording betrokke was en in 1927 gebore is, sterf.

APRIL

2 April: Botsings tussen Armeense en Azerbaidjanse magte in Nagorno-Karabach eis die lewens van minstens 193 mense in die ergste skending van die 1994-vredesooreenkoms.

3 April: Die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste (ICIJ) en die Duitse koerant, Süddeutsche Zeitung, publiseer ‘n stel van 11,5 miljoen vertroulike dokumente, bekend as die sogenaamde “Panama Papers” van die regsmaatskappy, Mossack Fonseca in Panama. Daarin verskyn besonderhede van meer as 214 000 aflandige maatskappye, die identiteite van hul aandeelhouers en direkteure insluitende bekende wêreldpersoonlikhede en staatshoofde.

21 April: Die Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en multi-instrumentalis, Prince sterf. Hy is in 1958 gebore.

MEI

19 Mei: EgyptAir Vlug 804 val met 66 mense aan boord in die Middellandse See onderweg van Parys na Kaïro.

30 Mei: Die voormalige president van Tsjad, Hissène Habré, word lewenslank tronk toe gestuur vir misdade teen die mensdom wat tydens sy ampstermyn tussen 1982 en 1990 gepleeg is. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n hof wat deur die Afrika-unie gesteun word, ‘n leier van ‘n voormalige land in die Unie veroordeel het.

JUNIE

3 Junie: “The Greatest” die Amerikaanse bokser, Muhammad Ali, gebore Cassius Clay, sterf. Hy is in 1942 gebore. Hy was nie net ‘n sportster nie, maar ‘n aktivis vir burgerregte in die wêreld.

23 Junie: Die Verenigde Koninkryk stem in ‘n referendum om die Europese Unie te verlaat.

24 Junie: Die Britse eerste minister, David Cameron, bedank ná die referendum-nederlaag.

28 Junie: IS aanvaar verantwoordelikheid vir die aanval op die Atatürk-lughawe in Istanbul,Turkye waarin 45 mense dood en 230 beseer is.

JULIE

4 Julie: Op Amerika se onafhanklikheidsdag gaan Nasa se Juno-ruimtevaartuig in ‘n wentelbaan om die planeet Jupiter en begin ‘n 20-maande lange waarneming van die planeet.

11 Julie: Theresa May word as leier van die Konserwatiewe Party in Brittanje verkies nadat haar teenstanders een na die ander onttrek.

13 Julie: Theresa May word as eerste minister in die Verenigde Koninkryk aangewys en word saam met Margaret Thatcher die enigste vroue wat die amp beklee het.

14 Julie: IS aanvaar verantwoordelik vir die vragmotoraanval tydens Bastilledag-vieringe in die Franse stad, Nice waarin 84 mense sterf.

26 Julie: “Solar Impulse 2” word die eerste sonkrag-aangedrewe vliegtuig om om die aarde te vlieg.

AUGUSTUS

5 tot 21 Augustus: Die wêreld, behalwe vir die gelukkiges wat daar kon wees, sit vasgenael voor hul TV’s vir die Somer Olimpiese Spele wat in Rio de Janeiro, Brasilië plaasvind.

31 Augustus: Die Brasiliaanse senaat stem met 61 stemme teen 20 om die president, Dilma Rousseff, in ‘n staat van beskuldiging te stel. Brasilië se visepresident, Michel Temer, wat Rouseff se presidensiële magte oorgeneem het ná haar skorsing, neem oor as staatshoof vir die oorblywende deel van haar termyn.

SEPTEMBER

3 September: Amerika en China, gesamentlik verantwoordelik vir 40 persent van die wêreld se stikstof-afskeidings, bekragtig die Parys-ooreenkoms oor die globale klimaat.

9 September: Die regering van Noord-Korea voer sy vyfde en grootste kerntoets uit. Wêreldleiers veroordeel dit.

28 September: Shimon Peres, die negende president en agtste eerste minister van Israel, asook Nobelpryswenner saam met Yasser Arafat van Palestina, wat in 1983 gebore is, sterf.

30 September: Twee skilderye deur Vincent van Gogh, Seelandskap by Scheveningen en Gemeente verlaat die gereformeerde kerk in Nuenen, wat op 7 Desember uit die Van Gogh Museum in Amsterdam gesteel is, word gevind. Die gekombineerde waarde van die skilderye is meer as US$100 miljoen.

OKTOBER

13 Oktober: Die Maledive kondig die land se onttrekking aan die Statebond aan.

November

8 November: Donald Trump, sakeman en realiteits-TV-ster en Republikeinse kandidaat, wen die Amerikaanse verkiesing met 306 kieskollege-stemme teenoor sy Demokratiese teenstander, Hillary Clinton se 232 stemme. Trump het 2,8 miljoen stemme (meer as 2,1 persent van die stemme) minder as Clinton gekry en dus in die verkiesing deur gewone kiesers verloor, maar as gevolg van die ingewikkelde Amerikaanse kiesstelsel gewen. Hy sal op 20 Januarie 2017 die vyfde persoon wees om president te word sonder om die meerderheid van die stemme te kry. Die vorige keer wat dit gebeur het dat iemand met meer as twee persent verloor het in die algemene verkiesing, maar steeds die president word, was in 1876.

25 November: Die oudpresident van Kuba en jarelange vriend van Namibië, Fidel Castro, wat in 1926 gebore is, sterf in die ouderdom van 90 jaar. Hy het in sy leeftyd meer as 600 sluipmoordaanvalle oorleef en is die langsdienende staatshoof in Kuba se geskiedenis.

DESEMBER

8 Desember: John Glenn, Amerikaanse ruimtevaarder en politikus, wat in 1921 gebore is sterf.

19 Desember: ‘n Aanvaller, wat later deur IS as een van hul lede geïdentifiseer word, jaag met ‘n vragmotor in ‘n besige Kersmark in Berlyn in en eis die lewens van 12 mense. Talle is in die voorval beseer. Die aanvaller word op 23 Desember deur polisie in Italië doodgeskiet.

Dieselfde aand in Ankara, Turkye word die Russiese ambassadeur, Andrei Karlov, koelbloedig in ‘n kunsgallery doodgeskiet deur Mevlut Mert Altintas (22), ‘n Turkse polisieman wat nie aan diens was nie. Die polisie het die moordenaar op die toneel doodgeskiet.

Aleppo: 2011 tot 2016

‘n Stad met ‘n geskiedenis wat tot vóór Bybelse tye strek, ‘n wêrelderfenisplek, ‘n deel van die mensdom se gedeelde nalatenskap, is aan die einde van 2016 stof en as.

Jan Egeland, die Verenigde Nasies se spesiale raadgewer vir die VN se afgevaardigde na Sirië, het dit in November vanjaar só opgesom: "Ek het nog nooit ‘n plek gesien waar daar soveel verpolitisering en manipulasie van hulp was as wat ons in die onlangse maande in Sirië gesien het nie. Dit moet ophou.”

“Ons voel almal baie sterk daaroor dat die geskiedenis van Aleppo weens hierdie oorlog die swartste hoofstuk in die geskiedenis van internasionale betrekkinge is. Dit het 4 000 jaar se beskawing geneem om Aleppo te bou, honderde geslagte, maar een geslag het daarin geslaag om dit alles in vier jaar te verwoes. Aleppo het vir 3 000 jaar daarin geslaag om beskawing aan die wêreld te gee, maar die wêreldbeskawing was nie daar om die mense van Aleppo by te staan toe dit die meeste saak gemaak het nie.”

‘n Geskiedkundige tragedie. Dis waarmee die wêreld aan die einde van 2016 moet saamleef. Eie berig/ Wikipedia/Nampa/ AFP/Reuters/AP

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%