'n Nuwe jaar

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
Hoofartikel

Die nuwe jaar breek môre aan met sy verwagtinge, moontlike versugtinge en harde werklikhede van \'n dag tot dag stryd om \'n beter lewe te voer en om deel te wees van \'n ontwikkellende Namibië.
Dít geld elke landsburger.
Iedereen kan, en móét, terugkyk op die jaar wat pas verby is en daaruit neem wat goed was, sodat die fondament waarop vir die komende jaar gebou word, stewig en struktureel gesond is. Dít is \'n eenvoudige les wat Namibiërs, wie 95 persent Christene is, uit hul Bybels kan leer.
Vir 2004 moet beplan word, want dit is nou al duidelik dat dit \'n besondere jaar met besondere uitdagings gaan wees. Dit sal jammer wees as ons land se mense soos die vyf dwase maagde sonder olie in hul lampe moet wag op die koms van die bruidegom.
In elkeen se beplanning, voorgenome optrede en wense vir die nuwe jaar, behoort net een riglyn te geld, naamlik gesonde verstand, moreel korrekte optrede en mede-menslikheid.
Dit is uiteraard medemenslikheid wat die mens van die diereryk skei.
Namibiërs kan op politieke gebied \'n waterskeidingsjaar verwag, waarin die politieke leier van die land, mnr. Sam Nujoma, waarskynlik sy uittrede uit die aktiewe politiek kan aankondig. Dit sal \'n geskarrel in die geledere van die regerende party veroorsaak, omdat politieke ambisies en individuele visies van \'n groter, beter, ryker en selfs meer vreedsame Namibië die verkoopsgoedere sal wees waarmee die hoopvolle kandidate hulleself aan die land se inwoners sal probeer aanbied.
Dit gaan egter nie oor wat politici sê nie, maar oor die regte keuses van die voetsoolvlak Namibiërs wat hulle volgende president moet help aanwys.
Enkele moontlikhede vir \'n nuwe leier is al geopper, maar dit is nog gans te vroeg om te voorspel wie die belangrike deelnemers gaan wees.
Van die huidige ministers in die kabinet van pres. Nujoma het hulle oor tyd as uiters bekwame leiers bewys en hulle kan uitgesonder word, omdat hulle hul ideale met passie nastreef en dit in die algemeen in die beter belang van die land se inwoners doen. \'n Mens kan nie anders as om onder die indruk te kom dat hulle erns het met wat hulle doen nie.
Hier moet mnre. Nahas Angula van hoër onderwys, me. Penny Ithana (die prokureur-generaal), mnr. Abraham Iyambo van visserye en mnr. Hidipo Hamutenya van buitelandse sake uitgesonder word. Hulle bydrae was werklik noemenswaardig. Dit beteken egter nie ander senior kabinetslede het nie gedoen wat hulle moes doen nie, hoewel daar skreiende uitsonderings ook is.
Die feite bly dat Namibië vrede geniet het in die bykans veertien jaar ná onafhanklikwording.
As politici nou nog op verhoë en onder bome verkondig dat die vrede wat in die land heers bloot \'n daad van goedgunstige toegif deur \'n sekere seksie van die bevolking is, is hulle met goedkoop politiek besig.
Namibiërs is hopelik reeds by daardie punt verby!
\'n Wenslys vir die nuwe jaar sal op politieke gebied waarskynlik \'n punt insluit waar gehoop word op meer leiers van die kaliber van mnre. Iyambo, Angula, Hamutenya en me. Ithana.
Dit is met sulke leiers wat die dreigende droogte, swak groei in die sekondêre fasette van die ekonomie, werkskepping, onderwys en opleiding, wetstoepassing, gesondheids-dienste en welvaartskepping aangepak kan word.
In \'n wêreld van gelyke geleenthede kon Namibiërs nie realisties verwag om ná veertien jaar en aan die einde van die eerste president se regering almal opgelei en ryk te wees nie. Dit is onmoontlik.
Rome is nie in een dag gebou nie!

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...