'n Nuwe handjie vir Janika

Sy is perfek soos sy is, maar die wete dat sy binnekort al vyf haar vingertjies sal kan gebruik, sorg vir diepe gemoedsrus.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Dit is hul grootste wens dat hul dogtertjie haar lewe ten volle kan uitleef en as ouers weet hulle die volle gebruik van die eenjarige Janika Holloway se handjie sal 'n groot bydrae hiertoe lewer.

Klein Janika is op 17 Augustus verlede jaar met 'n gewebde, of Eaton-handjie, gebore. Drie van die vingertjies aan haar linkerhand het nie tydens ontwikkeling in die baarmoeder van mekaar geskei nie. Dit is nie deur enige skandering tydens haar ma, me. Viola Hock, se swangerskap raakgesien nie en is eers met Janika se geboorte opgemerk.

Syndactyly is die proses wat in die baarmoeder plaasvind waartydens een duim en vier aparte vingers ontwikkel.

In die baarmoeder is die nuwe hand spaanvormig en dan verdeel dit in aparte vingers.

Soms skei die vingers egter nie ver genoeg van mekaar nie en dit veroorsaak gewebde vingers.

Volgens Hock se dokter en verskeie ander spesialiste kon die gebrek nie verhoed word nie en is dit as 'n “natuurlike fratsongeluk” beskryf.

“Ek was geweldig hartseer en het dikwels skuldig gevoel omdat my dogtertjie so gebore is. Ek het totaal verantwoordelik gevoel vir die welstand van my prinsessie en wou haar die beste lewe moontlik gee,” vertel Hock.

Sy het begin soek na soortgelyke gevalle in Namibië en tydens haar navorsing het sy dr. Dirk van der Spuyt, 'n ortopediese en hand­chirurg, ontdek.

Tydens 'n afspraak in Februarie vanjaar het Van der Spuyt verduidelik Janika se handjie kan geopereer word, maar eers wanneer sy 'n jaar oud is.

“Hy was baie tevrede met Janika se hand omdat haar duimpie ten volle ontwikkel het. Volgens hom is die duim die belangrikste vinger van 'n hand en het dit 'n hooffunksie,” sê Hock.

Van der Spuyt het Janika se hand as “baie gesond” beskryf en die groen lig vir die operasie gegee.

“Dr. Van der Spuyt was passievol oor ons dogtertjie en het herhaaldelik gesê hy kan nie wag om die reis saam met ons en haar te begin nie. Hy is ook vol vertroue vir die beste uitkoms vir Janika.”

Janika sal 'n minimum van twee operasies nodig hê om 'n uiteindelik suksesvolle uitkoms te verseker.

Volgens Hock sal die operasies in Kaapstad uitgevoer word. Tydens die eerste operasie sal die handchirurg net een vingertjie op 'n slag skei. Ná die operasie sal Janika se handjie toegedraai bly en eers weer deur dr. Van der Spuyt in Windhoek oopgemaak word, wat die rehabilitasie­proses sal begin.

Sowat ses maande later sal die tweede vingertjie van die derde geskei word. Rehabilitasie sal weer volg om Janika te leer hoe om haar handjie met “vyf perfekte vingers” te gebruik.

“Ons dogtertjie is perfek net soos sy is. Om egter te weet dat sy binnekort al vyf haar vingertjies sal kan gebruik, dat sy nie fisiese en emosionele pyn in haar lewe weens dié toestand sal hoef te verduur nie en dat dr. Van der Spuyt soveel vertroue in haar reis vorentoe het, gee ons baie gemoedsrus.”

Die gesin behoort wel aan 'n mediese fonds, maar dit sal egter nie 100% van Janika se mediese onkoste dek nie. Koste wat hulle self sal moet dek, sluit petrol en verblyf in Kaapstad in, asook haar rehabilitasie en maande se ­fisioterapie.

“As ouers is ons vol vertroue dat die operasies Janika die geleentheid sal bied om haar handjie net soos enige ander kind te kan gebruik. Dit is ons grootste wens dat sy haar lewe ten volle kan uitleef.”

Hock en Janika se pa, mnr. Jan Holloway, het intussen met 'n geldinsameling begin om genoeg geld vir hul dogtertjie se operasies en toekomstige rehabilitasie in te samel. Janika se eerste operasie vind in November plaas, terwyl die tweede operasie vir ses maande later beplan word.

Deel van die geldinsameling is 'n pretdag vir Janika wat môre by die Laerskool Pionierspark in Windhoek sal plaasvind. Die pret begin om 08:00 en sluit boeresport, 'n veiling, springkastele, braaivleis, handgemaakte snuisterye en spookasem in.

Vir meer inligting hieroor kan Hock by 061 275 300 of 081 359 3153 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.30/OZ UP +1.40% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.64/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 907.62/OZ UP +1.42%