u2019n Nuwe digitale omwenteling
u2019n Nuwe digitale omwenteling

’n Nuwe digitale omwenteling

Die tegnologie raak ál dieper betrokke in ingedompelde rekenaarstelsels in die vorm van Virtuele Realiteit en Aangevulde Realiteit. Baie beleggers bly lugtig vir dié neiging, maar inkomstesyfers wys dit is tyd om aandag te gee daaraan.
Mariam Isa - Namate die tegnologie ál dieper inbeweeg op ’n terrein wat eens tot wetenskapsfiksie beperk was, voorspel talle deskundiges dat die volgende groot digitale omwenteling ’n skuif van mobiele tot ingedompelde rekenaarverwerking sal behels. Dit behels die gebruik van toestelle wat ’n Virtuele Realiteit (VR) skep deur rekenaartegnologie wat realistiese beelde, klanke en ander sintuiglike waarnemings genereer – ’n Aangevulde Realiteit (AR) wat virtuele inligting in lae bo-oor die werklike omgewing aanbring.

Albei word gemanipuleer deur insette op ’n rekenaar se raakskerm, maar terwyl die gebruiker in AR met die regte wêreld in wisselwerking kan tree, geld dit nie vir VR nie.

DERDE GOLF

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het in September in ’n verslag gesê ’n “derde golf” AR- of VR-produkte het verlede jaar die mark betree, gedryf deur verkrygings ter waarde van miljarde dollar van tegnologiereuse soos Facebook, Sony en Google.

Die grootste vraag na die tegnologie kom tans vanweë bedrywighede in die skeppende ekonomie – veral dobbelspele, video- en rekenaarspeletjies, lewende optredes, videovermaak en kleinhandel. Die WEF meen dit sal gou groter toepassing vind in sektore soos gesondheidsorg, onderwys, militêre dienste en vaste eiendom.

Volgens International Data Corporation (IDC), ’n verskaffer van markintelligensie, sal inkomste vir die AR/VR-mark wêreldwyd van sowat US$6 miljard in 2016 tot meer as US$11 miljard vanjaar opskiet – en daarna vir die volgende vier jaar elke jaar meer as verdubbel tot sowat US$215 miljard teen 2021. Ander internasionale navorsingsmaatskappye se voorspellings is soortgelyk en toon dat toestelle wat AR gebruik grootliks sal uitpresteer, gegewe die voordele wat dit aan die sakewêreld kan bied.

HOë KOSTE

Die verspreiding van produkte met VR sal aan bande gelê word deur die hoë koste van rekenaarapparatuur asook gesondheid- en veiligheidskwessies, en die feit dat verbruikers wat nie reeds rekenaarspeletjies speel nie, bloot nie soveel belangstel nie.

VR het talle kritici. Hulle wys daarop dat die US$2 miljard wat Facebook in 2014 vir die verkryging van die VR-platform Oculus opgedok het, nog geen voordele gebring het nie, anders as ander groot verkrygings – Instagram en WhatsApp.

Ofskoon Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof, in Januarie erken het dit kan vyf tot tien jaar neem om VR na die massas te bring, hou hy vol dat Facebook steeds in die komende dekade ’n verdere US$3 miljard in dié tegnologie sal belê. In April het hy aangekondig die maatskappy werk aan brein-rekenaar-tegnologieë wat mense uiteindelik in staat sal stel om slegs met hul brein met mekaar te kommunikeer – ’n skrikwekkende gedagte. Hy gaan by ’n klanklose spraakstelsel begin om mense in staat te stel om met hul brein 100 woorde per minuut te tik, en die eerste toepassing sal ’n spraakprostese vir mense met spraakgebreke wees.

Luidens Digi Capital Corporation, ’n beleggingsbankdienstemaatskappy wat finansiële adviesdienste in die digitale vermaaklikheidsbedryf verskaf, het beleggingsbedrywighede in die VR/AR-mark in die tweede kwartaal van vanjaar tot US$800 miljoen geklim, teenoor US$350 miljoen in die eerste kwartaal. Verlede jaar het dit ’n rekord US$2,3 miljard bedra.

GEBREK AAN KUNDIGHEID

Die WEF wys daarop dat naas tegniese uitdagings soos die grootte van toestelle tot batterylewe, ’n moontlike struikelblok vir vinnige vordering in die bedryf die gebrek aan talent is om in die groeiende vraag te voorsien.

Amerikaanse data toon dat die vraag na vryskutwerkers met VR-kundigheid veel vinniger toegeneem het as vir enige ander vaardigheid in die tweede kwartaal van vanjaar – ’n 30-voudige toename op ’n jaargrondslag. ’n Onlangse peiling onder 200 Kanadese firmas wat aan VR-projekte werk, toon ook dat ’n talentkrisis die mark in die gesig staar, wat ’n onderlinge konsolidasie van maatskappye kan meebring.

Nog ’n inligtingsverskaffer aan die bedryf, Research & Markets, sê die wêreld- VR-mark is verbrokkel oor verskeie eindgebruiksegmente heen, wat vereis dat vervaardigers en ontwikkelaars van tegnologie die unieke verskille en vereistes van elke bedryf afsonderlik moet verstaan. Die vier voorste rolspelers in die mark is vir minder as 45% van die inkomste verantwoordelik.

So, wat moet gewone beleggers met dié inligting doen? Behalwe om soos gewoonlik navorsing te doen, kan beleggers blootstelling verkry aan die tegnologiereuse wat hul geld daarop verwed dat AR/VR toenemende groei sal aandryf. Die beste plek om te begin is by firmas wat VR- en AR-toestelle aan verbruikers verkoop.

“Die verbruiker-, kleinhandel- en vervaardigingsegmente sal die vroeë voorlopers met beleggings in, en aanvaarding van, AR en VR wees,” het Marcus Torchia, navorsingsdirekteur van IDC gesê. “Ander segmente soos staat, vervoer en onderwys sal die herskeppende vermoëns van hierdie tegnologieë benut.”

Binne verskillende streke sal die bedryfsegmente wat AR/VR-besteding bevorder mettertyd verskillend ontwikkel, voorspel IDC. Hoewel die verbruikersegment aanvanklik wêreldwyd sal oorheers, sal vervaardiging in Amerika en Wes-Europa waarskynlik die tweede grootste segment wees, terwyl dit in die Asies-Pasifiese streek (Japan uitgesluit) na kleinhandel en onderwys sal verskuif, meen IDC. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!