’n Miljoen vir ’n ma se lewe
Henriette Lamprecht - ’n Vroulike sekuriteitswag se eggenoot, wat drie jaar gelede ná ’n uitgerekte kraamproses in die Windhoek Sentrale Hospitaal dood is, eis skadevergoeding van meer as ’n miljoen dollar van die staat.
Me. Rachel Shaulwa, die ma van twee kinders van onderskeidelik 14 en drie jaar oud, is in 2015 oorlede.
Haar man, mnr. Vilho Sakaria, ’n inwoner van Otjomuise, dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir N$1,06 miljoen vir onder meer emosionele skok en trauma.
Volgens Sakaria is sy vrou op 16 Februarie 2015 in die Windhoek Sentrale Hospitaal se kraamafdeling opgeneem.
Ten spyte van die feit dat sy van erge pyn in haar lae rug gekla het, het sy volgens Sakaria nie voldoende mediese hulp ontvang nie. Sy is onder meer deur ’n verpleegster aangesê om “rond te loop”.
Eers die volgende dag het sy medikasie ontvang om die kraamproses aan te help. Dit het egter nie die gewenste uitwerking gehad nie en Shaulwa se reeds erge pyn en ongemak het bloot vererger. Volgens Sakaria is sy deur mediese personeel aangeraai om aan te hou rondloop, ten spyte van daarvan dat sy volgehou het sy verkeer in geweldige pyn.
Twee dae nadat sy in die hospitaal opgeneem is, het Shaulwa op 18 Februarie steeds nie geboorte geskenk nie. Omstreeks 15:00 dieselfde dag is sy ’n inspuiting toegedien wat volgens hofstukke veroorsaak het dat haar bloeddruk die hoogte in geskiet het.
Volgens Sakaria het niemand aan haar verduidelik waarvoor die inspuiting was nie. Shaulwa het omstreeks 17:00 uiteindelik geboorte geskenk en het kort daarna erg begin bloei.
Sy is volgens haar man egter eers tussen 21:00 en 22:00 vir ’n operasie teater toe geneem. Die operasie was onsuksesvol en sy het om 23:27 gesterf.
Volgens hofstukke het mediese personeel Shaulwa nie tydens die kraamproses gemonitor nie en is haar hoë bloeddruk ook nie behandel nie.
Voorts is haar erge bloeding glo ook nie oor ’n tydperk van vier ure gestop of behandel nie. Volledige rekord van alle mediese behandeling is glo ook nie gehou nie en dit is ook nie aan haar familie oorhandig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie